Nooi jou hartsvriendinne en kuier aanlyn saam met LiG, Leah

Met Vrouemaand wat verby is en lente wat hier is kan ons nie aan ‘n beter manier dink om dit te vier deur die spesiale vroue in jou lewe te bederf met ʼn kaartjie na ʼn heerlike damesoggend – in die gemak van jou eie sitkamer!
Die inspirasietydskrif LiG se gewilde jaarlikse bederfoggend neem vanjaar weens die Covid-19-pandemie ʼn nuwe formaat in die vorm van ʼn aanlyn-lesersdag aan.

Op Saterdag 31 Oktober van 09:00 – 13:00 sal die geliefde Afrikaanse sangeres en aanbieder LEAH gasvrou speel en kykers met haar trefferliedjies op die verhoog vermaak.

Die skrywer en spreker SUSAN COETZER, akteur en motiveringspreker HYKIE BERG en kunstenaar HELENA HUGO sal sorg vir welkome inspirasie.
Hoewel die geleentheid as gevolg van die inperkingsmaatreëls nie in één vertrek gaan plaasvind nie, is dit ʼn geselligheid wat jy nié vanjaar wil misloop nie.

Nooi ’n paar hartsvriendinne en kuier saam tydens ʼn geleentheid wat jou gaan inspireer en hoop gee.

Kaartjiepryse wissel tussen R130 en R390.
Elke gas ontvang ook ʼn reuse-geskenkpak.

Jy benodig:
• Internettoegang (en data)
• Jy kan die vertoning op die volgende toestelle kyk: rekenaar, skootrekenaar, selfoon, slim-TV of enige toestel waarop jy platforms soos YouTube besoek.

Daar is drie kaartjie-opsies beskikbaar:
Opsie 1 teen R390
• Digitale subskripsie op LiG vir 6 maande
• 1 x kaartjie na die aanlyn-lesersdag
• Geskenkpak met die waarde van ’n R1000 word na jou gekoerier
(Slegs 600 kaartjies beskikbaar!)

Opsie 2 teen R235
• Digitale subskripsie op LiG vir 6 maande
• 1 x kaartjie na die aanlyn-lesersdag

Opsie 3 teen R130
• 1 x kaartjie na die aanlyn-lesersdag

Koop kaartjies só:
Besoek www.lig.co.za/lesersdag/ om jou kaartjies te koop.

Om kaartjies kontant of via EFT te koop, kontak ons kaartjievennoot Tixsa bysupport@tixsa.co.za

Vir enige navrae oor kaartjies wat reeds aangekoop is, kontak amanda@bmedia.co.za.

Gasvrou-opsies is steeds beskikbaar: Kry 10 kaartjies vir die prys van 9 en nooi jou beste vriendinne om die aanlyn-lesersdag saam met jou tuis te geniet. Kontak amanda@bmedia.co.za hiervoor.