Rocco de Villiers met kortbroek, langkouse by Carnival City!
Lefra se Applouskonserte bied aan:
Rocco de Villiers: Kortbroek, Langkouse | Sondag, 11 Oktober @ 15:00
Mardi Gras-teater, Carnival City
Besprekings: www.computicket.com
Meer inligting: www.lefra.com
Ons is terug! Na ‘n afwesigheid van meer as vyf maande is Lefra weer op die planke met vier produksies by Carnival City se Mardi Gras Teater, en bied die volgende paar weke ‘n verskeidenheid skreeusnaakse komedies en keurige musiek in die Mardi Gras-teater by Carnival City aan. Rocco de Villiers skop die Lefra Applouskonserte af op Sondag, 11 Oktober om 15:00, en vermaak aanhangers in sy produksie Kortbroek, Langkouse. Besprekings vir al die Applouskonserte kan gedoen word by Computicket by 0861 915 8000, of aanlyn by www.computicket.com. Groepe van meer as 10 kry oudergewoonte ‘n lekker afslag – skakel Monica by (011) 815-3000, of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com.
Die pianis en vermaaklikheidster Rocco de Villiers het die afgelope 22 jaar 13 instrumentale CD’s, 3 “Best Off” -versamelalbums van sy werk vrygestel, 2 koffietafelboeke, ‘n DVD en 35 instrumentale verhoogproduksies geskryf en vervaardig. Sy mees onlangse albumvrystelling is Kortbroek, Langkouse, en dit is Lefra se eerste Applous-konsert op Sondag 11 Oktober om 15:00. In sy unieke styl wys Rocco de Villiers hoeveel pret jy kan hê met klaviermusiek en ‘n paar skreeusnaakse stories tussenin. Kortbroek, Langkouse is vermaak vir almal, want Rocco speel alles – Music Box Dancer, Chariots of Fire, Ballad for Adeline en Amazing Grace om ‘n paar te noem. Rocco het ook onlangs ‘n CD vrygestel met Jim Muller se Keuspele. Jou voete en hande sal jeuk. Moet dit nie misloop nie! Rocco sê dis wonderlik om terug te wees op die regte egte verhoogplanke. “Almal van ons in die vermaaklikheidsbedryf is deur ‘n rowwe tyd, maar nou is ons terug en ons vra ons aanhangers om ons nou te kom ondersteun. Daar is niks soos ware lewendige teatervermaak nie.”
Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies, sê Lefra is baie opgewonde en dankbaar om terug te wees met lewendige teater. “Ons het regtig ‘n moeilike tyd deurgemaak tydens die inperking. Lewendige teater is ons lewensaar en dit is wonderlik om terug te wees met teaterproduksies van topgehalte. Ons moet steeds ons gehore tot baie lae getalle beperk. Dit beteken egter dat alle ondersteuners wat hierdie vertonings bywoon ‘n goeie en persoonlike ervaring met die kunstenaars sal hê, ‘n Luukse wat jy nie in die toekoms sal ervaar nie. Ons hoop ook dat teaterangers Lefra sal ondersteun deur ‘n seisoenkaartjie vir al vier die vertonings te bespreek. Deur dit te doen, help jy om teater in hierdie land lewendig te hou.” Swart sê alhoewel dit baie moeilik was die afgelope ses maande om te oorleef, het ons dit gemaak en nou moet ons net vorentoe. “Ons beur vorentoe soos Jan F Cilliers se spreekwoordelike Osse! Daar is beslis nie nou omdraai nie – ons moet net vorentoe beur en nuwe planne maak!”
Die ander Applouskonsertre vind oor die volgende paar weke plaas. Sangeres Helene Bester bring hulde aan die ikoniese Nana Mouskouri op Donderdag, 15 Oktober om 19:00. Mathys roets stel sy nuwe produksie Reën bekend op Sondag, 18 Oktober om 15:00. Kom skaterlag vir die verskille tussen mans en vrouens saam met Wynand van Vollenstee in die skreeusnaakse Groet die Grotman 2 op Vrydag, 30 Oktober om 18:30. As jy vir al vier produksies bespreek, kry jy ‘n lekker afslag. Besprekings vir die vier Applous konserte kan ook by Computicket gedoen word. Die Lefra Applouskonserte word aangebied met die trots ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wines, Renegades Removals, Ambassador Execudrive en Savvy Holdings. Daar word streng by alle Covid-19-protokolle gehou en esoekers word daaraan herinner om hul maskers saam te bring!
Die volgende Covid-19 protokols is in plek wanneer jy Carnival City besoek:
- Gesondheidsvraelyste word deur elke persoon by alle ingange voltooi en jou temperatuur sal gemeet word;
- Elke gas moet sy of haar identiteitsdokument of MVG-kaart by die ingang toon;
- Elke gas moet ‘n masker dra en sy of haar hande ontsmet by die ingange;
- Binne die venue sal sosiale distansiëring gehandhaaf word;
- Alle drankies sal geseël wees as dit bedien word;
- Alle kos sal bedek wees as dit bedien word.
Bespreek nou vir Lefra se Applouskonsertein die Mardi Gras-teater by Carnival City by Computicket. Besoek hulle webblad by www.computicket.com of skakel 0861 915-8000. Vir groepbesprekings en navrae, skakel Monica Booysen by (011) 815-3000 of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com