Queen en Abba Tribute vertoning by die Monte Dome – Sondag 20 Desember!

Die talentvolle sangers Elme Churr en Armand Joubert het kragte saamgesnoer in ’n produksie wat jou nostalgies sal terugneem in tyd –en met tye jou uit volle bors sal laat saamsing. Die Queen & ABBA Tribute Show op Sondag, 20 Desember, is ’n skatkis vol treffers saamgevat in een produksie. Indrukwekkende uitrustings wat deur die loop van die vertoning aangetrek en afgewissel word, dra by tot dié produksie wat in die magiese koepeltent, The Monte Dome, by Monte de Dios, aangebied word.

Die koepeltent is enig in sy soort en konsertgangers word stomgeslaan deur dié indrukwekkende 8 ton struktuur. Die klank, beligting en toerusting is van wêreldgehalte om ‘n besonderse musiekervaring moontlik te maak. Daar is ook genoegsame spasie om binne die regulasies rondom Covid-19 te bly.

Kaartjies beloop R180 p/p en kan hier aangeskaf word: https://tickets.tixsa.co.za/event/die-queen-en-abba-tribute-show