Bernice West stel nuwe enkelsnit & musiekvideo vry!

Bernice West is tans die opwindendste kunstenaar in Afrikaans & het geen bekenstelling meer nodig nie. Na die reuse sukses van haar eerste twee enkelsnitte Sonop-Blom & Die Hart wat beide reeds nommer een op Apple Music se Afrikaanse enkelsnitlys was en nommer een op meeste Afrikaanse radiostasies was, stel sy haar derde enkelsnit KOM BINNE vry.

Partykeer raak ‘n mens so besig in ‘n mens se persoonlike lewe, dat jy vergeet van die Here. Vergeet om te doen waarvoor Hy jou geroep het om te doen. Vergeet om tyd te maak vir Hom. Vergeet om Hom deel te maak van jou doen en late. Party van ons laat die Here in, maar net tot op ‘n sekere punt, wanneer jy die Here in elke liewe aspek van jou lewe in nooi en Hom toelaat om die verkeerde deure toe te maak begin Sy goedheid in jou lewe sigbaar en selfs tasbaar raak. Dit is die boodskap wat Bernice in hierdie liedjie aan mense vir oordra.

Bernice het een aand voor die klavier gesit en die Bybel vers Job 29:4 het in haar kop vasgesteek toe sy besef het dat daar baie van ons is wat uit mis op ‘n vriendskap met God, net omdat ons soms van Hom vergeet, Hom nog nooit soos ‘n vriend ervaar het, ontmoet het of nog nooit gekies het om Hom in te laat nie, het sy besluit om Kom Binne te skryf

Bernice, haar platemaatskappy, Inhoud Huis Musiek en haar kreatiewe span, Fokkid Media, het omtrent die grense verder verskuif met haar nuutste musiekvideo Kom Binne, wat een van min videos in Suid Afrika is waar die hele video in ‘n enkel skoot verfilm is. Vandat sy die eerste noot sing, begin die kamera rol en hou dan eers op sodra die liedjie klaar is. Daar is net een skoot, een kans om dit reg te kry, dit is ‘n aaneenlopende skoot van begin tot einde.  Dit is ‘n vreesaanjaende en uitdagende ervaring wat nie sommer aangepak of uitgevoer word nie.

“When a musical act and a director feels like doing something really challenging, they make a music video in a single take.”

Die regisseurs, Jannes Erasmus en Daniel Rademeyer wat verantwoordelik is vir al Bernice se musiekvideos sê dit was een van hulle mees uitdagende en belonende ervarings.

Dit blyk dat Bernice West se talent en kreatiwiteit geen perke ken nie terwyl sy een na die ander rekord laat spat.

VIR BESPREKINGS:
Tiaan Vorster: tiaan@flagshipproductions.co.za  / 076 738 7541

VIR MEER INLIGTING OOR ENKELSNIT:
Leozelle Bekker: leozelle.bekker@umusic.com  / 074 643 5438