FATMAN stel sy nuwe enkelsnit en musiekvideo vry!
Fatman is een van daardie kunstenaars wat ’n natuurlike talent het om gehore te vermaak. Aanhangers kan net nie genoeg kry van sy musiek nie en spog hy met talle groot radiotreffers sowel as ‘n vol bespreekde dagboek wat optredes aanbetref vir 2019.
Na ‘n moeilike 2020 wil Fatman die jaar op n hoë noot afsluit en is hy terug met ’n splinternuwe enkelsnit, VUIL COKE, wat nie net beloof om die sukses van sy vorige werk, soos DORP TOE wat al oor die 6 miljoen kyke op Youtube het te oortref nie, maar ook sommer ’n paar nuwe luisteraars te beïndruk.
Vuil Coke is geskryf deur Fatman en Roux Cloete, ‘n Mens hoor altyd hoe die mans praat van n vuil coke en hoe die vrouens altyd kwaad raak as pappa ‘n vuil coke te veel gehad het by n braai. Fatman het besluit om hierdie tong-in-die-kies liedjie te skryf sodat mense hulleself kan vereenselwig met die liedjie.
Die opname van die musiekvideo was n reuse sukses. Die video beeld uit hoe dit gaan in meeste Afrikaanse huise, en dat pappa eerder saam die manne wil kuier en braai as om die gras te moet sny of om vir mamma melk te moet gaan koop & hoe dit gewoontlik gaan as die manne n vuil coke teveel gegooi het.
Fatman glo dat jy nooit te oud is om enigiets te doen nie en dat jy die lewe ten volle moet geniet en daarom het hy nog baie drome en planne vir die toekoms.
Luister na VUIL COKE – HIER
MEDIA & BEMARKING
Leozelle Bekker: Leozelle.Bekker@umusic.com
VIR KONSERT BESPREKINGS
Stefanie Nortier: Stefanie.Nortier@umusic.com