Debuutsnit van Rooibos en Wijn gevul met rou en eerlike lirieke
Rooibos en Wijn se debuutenkelsnit, Sonskyn Kind, is geïnspireer na oomblikke wat hoofsanger, JP van Zyl, en ’n dame ure aaneen kon filosofeer oor die lewe en natuurlik, die liefde. Dié liedjie is pas vrygestel en sal aanklank vind by elkeen wat eerlike lirieke geniet.
“Sonskyn Kind gaan oor ʼn meisie op wie ek verlief geraak het. Vir ure kon ek in haar oë staar op die slaapkamervloer terwyl ons filosofeer oor die idee van ware liefde. Die woorde het na my toe gekom tydens haar teenwoordigheid. Sy is ʼn muse,” het Van Zyl vertel.
Van Zyl het Sonskyn Kind gepen en begin met die lirieke: “Ek sien Jerusalem in jou oë, skryf ek halwe gedigte ook.” Dít som presies op waar dié liedjie se oorsprong vandaan kom -vanaf sy muse en onvoltooide gedigte.
“Dis ’n alternatiewe liedjie met rou emosie wat ek wil oordra,” het hy vertel.
“Ek hoop dat almal wat hierna luister met iets in my lirieke sal aanklank vind,” het hy gesê.
Van Zyl se hoop is dat Sonskyn Kind vir mense ontvlugting sal bring tydens hulle geluk en ook tydens hulle swaarkry.
Die musiekvideo vir Sonskyn Kind word op Vrydag, 7 Mei eksklusief op Maroela Media vrygestel.
“Met die musiekvideo wou ons ’n storie vanuit my oogpunt vertel oor hoe ek Sonskyn Kind ervaar uit my skoene,” het Van Zyl verduidelik.
Wanneer Van Zyl self verlore raak in musiek geniet hy enige iets, van Queen tot Mumford & Sons en Metallica. Afrikaanse alternatiewe musiek soos dié van Jan Blohm, Melktertkomissie, Spoegwolf, Twee en Glaskas is ook op sy speellys.
Luister nou na Sonskyn Kind op alle digitale platforms hier: https://rooiboswijn.lnk.to/SonskynKindMB
Media & PR
Vicki Rothman Van der Merwe | 063 107 3620vicki@marketingzoo.co.zaThe Marketing Zoo