Jan Rhaap & Juan Boucher snoer kragte saam!
Die talentvolle musikant en liedjieskrywer, Jan Rhaap, is terug saam met sy vriend, Juan Boucher en hulle bederf ons met ’n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo wat gaan oor waardering en liefde vir ons kontinent en al die unieke en mooi ervaringe wat dit bied.
AFRIKA is ‘n pop-rock balade wat die storie vertel van iemand wat smag om tyd in Afrika deur te bring en kom uit Jan Rhaap se eie pen. Die pragtige lied waarvoor Juan ook die melodie geskryf het gaan verseker aanklank by Suid-Afrikanser vind omdat hulle lief is vir die buitelewe en om tyd in die natuur te spandeer. Jan Rhaap meen meen AFRIKA is die ideale liedjie om te luister terwyl jy êrens in die veld om ‘n kampvuur sit.
“Ek het een aand ‘n ou ontmoet by ‘n optrede in Kuruman wat later ‘n goeie vriend sou word. Hy het ons genooi om na die tyd saam met hom en sy familie ‘n drankie te gaan drink by sy huis. Ons het ingestap by hierdie pragtige lapa/kuierkamer wat jou laat voel of jy êrens in Afrika is. Ons het gesels oor hoe hy graag saam met sy gesin toer deur Afrika en toe sê hy vir my, “Ek is eintlik maar ‘n kind van Afrika”, en net daar is die idee vir die liedjie gebore. Ek het die liedjie die volgende dag toe ek terug is op die plaas geskryf,” vertel Jan Rhaap.
Hierdie lied is vir Jan Rhaap baie spesiaal omdat hy homself sien as ‘n “kind van Afrika” en kan vereenselwig met die lirieke aangesien hy self baie tyd spandeer in die veld op sy plaas .
Die musiekvideo vir AFRIKA was in die Kalahari geskiet met sommige gedeeltes net buite Hotazel terwyl die kuier area die einste kuierkamer is waar hul in Kuruman gekuier het. Die storie en konsep agter die musiekvideo gaan oor twee vriende wat saam tyd spandeer in Afrika met baie liefde en waardering vir die veld. Hulle skryf dan ook terselfdetyd hierdie “liefdesbrief” aan Afrika. Die video is geskiet en vervaardig deur Wian van der Walt van Vonk Musiek.
“Aangesien ek en Juan albei baie lief is vir die veld, wou ons dit eenvoudig hou en net die mooi storie vertel. Ek hoop hierdie liedjie laat mense opnuut besef hoe bevoorreg ons is om in Afrika te kan bly, met haar pragtige natuur,” sê Jan Rhaap.
Kyk die video hier: https://youtu.be/drjRIZKHNaM
“Dit was vrek lekker, en n lekker experience. Ek het een van Werner se vriende ontmoet, ons het lekker gekuier. Ons het die video op die mooiste stuk grond in die kalahari geskiet. Kan nie wag om dit met die mense te deel nie,” vertel Juan Boucher.
Hierdie is die tweede liedjie en musiekvideo wat Jan Rhaap en Juan Boucher saam opgeneem het. Hul eerste was “Huisie in die bos” en hul het altyd bly hoop dat die regte liedjie sou kom om weer saam iets te doen.
“Ek het by hom (Juan Boucher) gebly in Pretoria terwyl ek my album, “Elmboog na bo”, opgeneem het. Die heel laaste aand wat ons saam gesit en skaaf en skuur het aan al die liedjies, het ek hom vertel van hierdie liedjie wat ek geskryf het, maar waarvoor ek nog nie ‘n melodie gehad het nie. Hy het toe genoem dat hy weer al vir jare sit met ‘n melodie, wat hy nog nie die regte woorde voor gekry het nie en net daar het my lirieke en sy melodie 100% perfek bymekaar gepas, sonder dat ons enige iets moes verander,” vertel Jan Rhaap.
Die enkelsnit AFRIKA is op Jan Rhaap se album, Elmboog na bo beskikbaar.
Laai dit hier af: https://lnk.to/fopHYMr7
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/janrhaap/
Instagram: @janrhaap
Twitter: @janrhaap
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za