Gerrie Pretorius en Chris Else bemoedig luisteraars in nuwe duet
Die behoefte om mense te onderskraag en bemoedig gedurende hierdie uitdagende tye het ’n
inspirerende duet tussen die immergewilde sangers, Gerrie Pretorius en Chris Else, tot gevolg
gehad. Ek Sal By Jou Staan is pas vrygestel en gratis op alle digitale platforms beskikbaar.
“Alhoewel ek eindelik besluit het dat ek nié meer gaan sing en nuwe liedjies opneem nie, het
Chris my een aand oortuig om ’n duet saam met hom op te neem. Dit was in die tyd dat Covid-
19 reeds mense om ons begin wegneem het en gesinne uitmekaar geskeur het, en ek wou iets
inspirerenend daar buite kry,” het Pretorius vertel.
Pretorius, wat vroeg aan die begin van sy loopbaan ook Bles Bridges se musiek vertolk het, het
op Ek Sal By Jou Staan besluit en met dié twee se magiese stemme is ’n hoendervleis duet, wat
gemoedere lig, gebore.
“Wat ’n groot voorreg om dit saam met die legende Gerrie Pretorius op te neem,” het Else
vertel.
“Dit was omtrent moeite om hom te oortuig, maar nou kan ons die boodskap van hoop van
positiwiteit oordra,” het hy vertel.
Volgens Else was die hoogtepunt van die hele projek om dit saam met koning van kitare, Deon
van der Merwe, en Gerrie, te kan doen.
Pretorius het onlangs in ’n onderhoud aan Huisgenoot vertel dat hy nié meer op sy
sangloopbaan gaan fokus nie en hierdie is moontlik die laaste nuwe liedjie wat ons van hom sal
kan geniet.
Sy reisprogram op kykNET, Leef Jou Reis, vier vanjaar sy tiende bestaanjaar en Pretorius is
onlangs tydens ’n intieme geleentheid deur sy borge, en die minister van toerisme Mmamoloko
Kubayi-Ngubane, geloof vir sy bydrae in die toerismebedryf.
Else, wat ook saam met Gerrie een van die gesogte Coleske Artists-groep se kunstenaars is, het
gedurende die eerste staat van inperking ’n stewige voet in die musiekbedryf gekry met
aanlynkonserte wat hy op sy Facebook-blad gehou het. Sy volgers het gegroei soos hy hul met
sy oop gesig en unieke stem oorrompel het.
Hy het gedurende daardie tyd ook baie versoeke vir Christelike musiek gekry en reik 1
Augusytus sy Christelike album digitaal onder die vaandel van Coleske Artist uit.
Luister na Ek Sal By Jou Staan hier: https://vibe.to/EkSalByJouStaan
Vicki van der Merwe
063 107 3620
vicki@marketingzoo.co.za