Zaan Sonnekus se nuwe enkelsnit moet kliphard geluister word!
“Die liedjie gaan oor hoe goed musiek vir my is. Deur al die hoogte- en laagtepunte in my lewe, het dit my nog altyd laat tuis en beter voel,” deel Suid-Afrika se gunsteling-rocker, Zaan Sonnekus, oor die betekenis agter sy nuutste enkelsnit, weereens uit sy eie pen.
TEN MINSTE VIR MY is ’n klipharde rocksnit met ’n goedvoel klank en alhoewel die lirieke diep betekenis het beloof dit om luisteraars te laat glimlag wanneer hulle dit vir die eerste keer hoor.
“Ek was een aand alleen in ’n kroeg om my kop ‘skoon’ te kry. Dit het gevoel asof ek die enigste mens daar is en asof die DJ besig is om net vir my musiek te speel. Ek het gewonder of hy nie net, soos ek, sy musiek speel om mense te laat beter voel nie. Daardie aand het hy my beslis laat beter voel,” vertel hy.
Volgens dié Pretorianer, met sy donker lokke en kunstige versameling tatoes, gaan luisteraars aanklank vind by die liedjie omdat dit hulle uitnooi om saam te sing en dans met: “Asseblief Meneer, sit harder die musiek… ten minste vir my..”. Dit is terapie vir diegene wat dieper luister en nodig het om op ‘n lekker klipharde rocksnit ’n mooi boodskap te vind.
TEN MINSTE VIR MY vorm deel van sy album, Zonneblom, wat onlangs amptelik by die AfriForum Teater in Pretoria vrygestel is. Die terugvoer is oorweldigend goed en media, aanhangers en publiek kan nie uitgepraat raak oor Zaan Sonnekus nie. Zaan beskou die aand van sy album se bekendsteling as die grootste hoogtepunt van sy musiekloopbaan sover.
Hy het in Bloemfontein grootgeword en is tans besig om aan nog musiek en video’s te werk en beplan om die land plat te toer saam met sy orkes. Hy is ook betrokke by Son Studios en Son Sound en mede-eienaar van ’n besigheid, INNER INK, wat op industriële vlak verharde glas vervaardig en keramiek-drukwerk doen.
Na die onlangse vrystelling van sy langverwagte debuut-album, is Zaan Sonnekus – met sy poëtiese lirieke en vurige verhoogpersoonlikheid op almal se lippe.
TEN MINSTE VIR MY is die perfekte liedjie met vakansie om die draai en binnekort gaan al wat ‘n student, jongmens en aanhanger hierdie woorde uitbasuin: “Askies Meneer sit asseblief aan die musiek…!”
Die liedjie is beskibaar op sy album, ZONNEBLOM, laai dit hier af: https://linktr.ee/zaansonnekus
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/ZaanSonnekus.music
Instagram: @Zaan_Sonnekus
Webblad: www.zaansonnekus.com
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCCZIFQkm_94s3jtwi81kM_g
SoundCloud: https://soundcloud.com/zaan-sonnekus
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za