Fransien Scott se nuutste enkelsnit, Koninkryk van Beton, is gelaai met emosie
Om op te pak en die verlede agter te laat, is nie altyd maklik nie. Fransien Scott het egter geleer dat dit soms onafwendbaar is en dat jy dan moet deurdruk om heel aan die anderkant uit te kom. Dit is dan ook die boodskap wat sy met haar nuutste enkelsnit, KONINKRYK VAN BETON, wil oordra.
“Ek het hierdie lied onlangs geskryf om my emosies van rondtrek oor die laaste twintig jaar in ’n neutedop te probeer vasvang,” verduidelik sy oor dié moderne popsnit uit haar eie pen.
Die liedjie spog met ’n pragtige meesleurende melodie, wat dadelik in jou kop sal vassteek en sal veral aanklank vind by luisteraars wat self al moes oppak en trek. “Ek hou daarvan om oor temas te skryf wat vir mense saak maak en hulle inspireer. Die proses om onsself los te maak van aardse goed, vriende en familie of om elders aan te pas is vir sommige mense makliker as vir ander en dit is hierdie emosie wat ek in die liedjie ondersoek.”
Soos met haar vorige enkelsnitte, spog hierdie een ook met ’n pragtige musiekvideo wat in die Algarve in Portugal verfilm is. “Ek wou graag simbole gebruik om fases van ons lewens te verteenwoordig. Speelgoed en bere is simbolies van ons kinderjare, die trofeë van ons prestasies en die rok van ons materiële besittings,” vertel sy. “Die video beskryf die proses waarin ons al hierdie dinge met ons saamdra in ’n kis wat ons agter ons aansleep. Uiteindelik word dit dan tyd om onsself los te maak van die verlede om vorentoe te kan beweeg… soos wat die karakter in die video doen wanneer sy ’n nuwe avontuur aanpak.”
Kyk die video hier:
KONINKRYK VAN BETON volg in die voetspore van haar vorige enkelsnitte, Staan Reg en Roei, wat baie goed ontvang is en speeltyd gekry het op verskeie radiostasies.
Fransien het in ’n musikale huis groot geword en het na skool as ’n onderwyser gewerk voordat sy en haar man oorsee is waar hulle steeds woon.
Sy werk tans as ’n eiendomsontwikkelaar en is besig met ’n opknappingsprojek aan ’n Portugese huis in die Algarve.
Verder skryf sy tussendeur aan nuwe musiek en reël sy vrouekampe vir behoeftige vroue deur middel van haar vrouebediening, KeeperSoul.
KONINKRYK VAN BETON is ’n vars moderne snit wat spesiaal geskryf is om diegene, wat op die drumpel van die volgende fase van hulle lewe staan, te inspireer.
Die liedjie is nou aanlyn beskikbaar. Kry dit hier: https://distrokid.com/hyperfollow/fransienscott1/koninkryk-van-beton
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/fransienscott
Instagram: @fransienscott
Webblad: www.fransienscott.com
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCXkdIw3ypRAGrcI2OrcXIGQ
SoundCloud: https://soundcloud.com/user62525715
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za