Sanet Lambrechts: Binne en Buite se musiekvideo is hier!
Sanet Lambrechts, die talentvolle kunstenaar uit Namibie, het onlangs haar splinternuwe enkelsnit, Binne en Buite, vrygestel.
Die kunstenaar het ook ‘n spog-video vir die liedjie laat verfilm deur Ben van der Walt (Bosman Films), ‘n opkomende filmmaker wat pas sy eerste film genaamd Woestynpsalms geskiet het. Die musiekvideo vir Binne en Buite is by Die Tannery buite Windhoek en naby Elisenheim verfilm.
“Die video is in ’n pakhuis geskiet en bestaan uit tonele van mense in verskillende omstandighede waar hulle soms hulself wys en ander kere nie. Dit is in die aand geskiet en beligting is slim aangewend om binne- en buitekant van mense uit te beeld,” verduidelik dié ses-en-veertig-jarige musikant. “Soms is ons binne en buite onsself alleen, ongeag van hoeveel mense daar rondom ons is nie. Ons wys nie altyd ons ware kleure nie, omdat ons mekaar dalk nie regtig ken nie. Partykeer is jy egter gelukkig genoeg dat iemand oopmaak of dat jy hulle kan raaklees sonder dat hulle nodig het om iets te sê.”
Kyk die musiekvideo hier: