HERMAN KLEINHANS EN MEDE-KUNSTENAARS HOU PROTESKONSERT TER BESKERMING VAN AFRIKAANSE TAALMONUMENT

Herman Kleinhans en die DA bied eerskomende Saterdag (28 Mei) ’n proteskonsert aan by Zomerlust Boutique Hotel in die Paarl ter beskerming van die Afrikaanse Taalmonument. 

Die mosie dat Afrikaans verwyder moet word van die Afrikaanse Taalmonument en ’n R22-miljoen se vlag daar gehang moet word, het Afrikaanssprekendes van regoor die land ontstig. Die sanger en liedjieskrywer, Herman Kleinhans, en die DA het besluit om hulle stem dik te maak deur ’n optog, gevolg deur ’n proteskonsert, te reël wat Saterdagoggend in Paarl plaasvind.

Kunstenaars wat die konsert gaan bywoon sluit, onder andere, in Herman Kleinhans, Gian Groen, Jan Blohm, Wouter van de Venter, Churchil Naudé, Bottomless Coffee Band, Tino Singe, Len Muller en meer. 

Wys jou sTaal is ’n inisiatief wat hom daarop skoei om Afrikaans as ’n taal nie net te beskerm nie, maar te laat floreer. “As ons Afrikaans ontken, ’n taal wat oor jare deur werkende mense van verskillende etniese groepe op lande en in fabrieke gevorm is, ontken ons die bereidwilligheid van toekomstige samewerking wat fataal sal wees vir die land welstand. Dus is hierdie ’n saak na aan ons hart,” sê Herman Kleinhans, die organiseerder van Wys jou sTaal

Die DA lei ’n optog wat om 08:00 by die Strooidakkerk afskop en eindig by die proteskonsert wat om 09:00 begin. 

Almal is welkom en toegang is gratis.

Vir navrae, kontak Sarel Kleinhans op 071 224 1906.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/hermankmusiek
Twitter: @HermanMusiek
Instagram: @hermankleinhans
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCipCFcgkd31TNH_2fxlJ_dw

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za