Gewilde TikTok-invloeder, Calvin Reef, sluit kontrak met Starburst Promotions

Gewilde TikTok-invloeder, Calvin Reef, het pas ’n eksklusiewe ooreenkoms onderteken met die land se voorste publisiteitsagentskap, Starburst Promotions.

Dié 21-jarige ster, wat in 2020 naam gemaak het, het tans 1.8-miljoen volgelinge op TikTok (@calvin_reef) en 65 500 op Instagram (calvinreef_official). Sy innoverende, opregte en outentieke inhoud het vir hom ’n plek besorg op die lys van gewildste sosialemedia-invloeders in die land.

As jy hom vra oor sy ooreenkoms met dié wêreldklas publisiteitsagentskap, wat al vir meer as ’n dekade lank die grootste plaaslike en internasionale musikante, akteurs, rolprente, skrywers en entrepreneurs verteenwoordig, sê hy: “Ek is baie opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk in my loopbaan en sien uit daarna om saam met so ’n ervare en gedrewe span te werk.”

Vir Starburst Promotions, is dié samewerkingsooreenkoms net so opwindend. “Dis vir ons ’n voorreg om saam met iemand dinamies en kreatief soos Calvin te werk. Hy verteenwoordig die volgende generasie invloeders en verstaan die sosialemedia wêreld baie goed. Ons sien uit daarna om hom te ondersteun om sy huidige gehoor en persoonlike handelsmerk te help groei en ook om nuwe opsies ten opsigte van bemarking en geleenthede aan ons kliënte te kan bied. Ons bestuur slegs ‘n uitgesoekte handjievol invloeders waarvan Calvin nou aansluit by die baie gewilde en uiters suksesvolle Chané Grobler en Roberto De Gouveia wat reeds vir meer as 18 maande deur ons verteenwoordig en bestuur word”, sê Starburst se uitvoerende hoof, Alishia van Deventer.

Calvin is in Durban, KwaZulu-Natal, gebore en woon tans in Ballito. Hy het vir twee jaar strategiese bestuur studeer, voordat die sosialemedia-agentskap wat hy begin het ’n ongelooflike aanbod van ’n platemaatskappy af gekry het om Kaap toe te trek om met die Kanadese groep, Neon Dreams, te werk en hy moes opskop. Hy beskryf hierdie ervaring as ongelooflik en hulle het baie goeie vriende met dié populêre groep geword.

Oor die afgelope twee jaar, het Calvin die voorreg gehad om ’n TikTok-agentskap te skep saam met ander sosialemedia-invloeders, saam met groot platemaatskappye en ander invloeders te werk, op podsendings te verskyn en ’n rol in ’n kortfilm (wat volgende jaar in Amerika verfilm word) te kry. Hy was ook al in plaaslike sterre, soos Snotkop en Che Lee se musiekvideo’s, te sien.

Dié TikTok-ster is na aan sy gesin en geniet rekenaarspeletjies, branderplankry en Motocross. Hy beskryf homself as gemotiveerd en mededingend en is altyd op soek na nuwe maniere om sy vaardighede en gehoor uit te brei.

Buiten daarvoor om sy huidige gehoor en kanale te groei, verkoop Calvin ook doelgemaakte produkte wat geïnspireer is deur sy inhoud en tatoes (hy het nege). Hy beplan ook om sy eie digitale bemarkingsmaatskappy en ’n TikTok-kanaal oor Motocross te begin, en om sy lyf akteur te hou.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
TikTok
: @calvin_reef
Instagram: calvinreef_official
YouTube: https://www.youtube.com/user/calvinvr1cvr/about 

PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za