Arnold de Wet deel meer oor sy enkelsnit, El Shaddai

Die sanger Arnold de Wet is terug in die kollig met ‘n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo, EL SHADDAI, wat amptelik vrystel op Vrydag 28 Oktober!

EL SHADDAI, wat hy saam met Johan Vorster en Francois Lessing geskep het, is geïnspireer deur die wete dat God se arms ’n plek van rus is wanneer jy deur moeilike tye gaan.

Ons het Arnold gevra om bietjie meer met ons te deel rondom sy nuwe snit!