“Jy het nie nodig om die trauma uit jou kinderdae aan jou kinders oor te dra nie”, sê Aletté Winckler

Aletté Winckler se GRATIS webseminaar fokus daarop om seker te maak dat jy nie die trauma uit jou kinderdae aan jou kinders oordra nie

Daar is soveel gekompliseerde faktore om in ag te neem wanneer jy trauma uit jou kinderdae moet hanteer. Soveel só, dat dit ongelooflik moeilik kan raak om as Ma jou pad deur dit alles te vind en regdenkende ouerskap toe te pas. Mammas dra gereeld hulle eie trauma oor na hulle kinders. Daarom is dit só belangrik om hierdie siklus te breek en by die wortel van die probleem uit te kom om sodoende die trauma te behandel en te beheer.

Die bekende entrepreneur, skrywer, voorkomskonsultant, glanspersoonlikheid en sélf ‘n Mamma, Aletté Winckler, verstaan die uitdagings rondom hierdie area al te goed. Sy het dit immers eerstehands beleef. Daarom bied sy op die 15de November 2022 om 20h30 ‘n GRATIS webseminaar, MASE ISSUES aan, waartydens sy openhartig haar eie storie sal deel oor hoe sy met haar eie trauma moes deel en die baie uitdagings wat sy moes oorkom as gevolg van spesifieke situasies met haar ouers en ander mense.

Hierdie informele sessie vir vroue gaan ‘n heerlike damesaand wees waartydens 500 vroue van regoor die land gaan saam kuier, vriendinne word en gesels oor wat hulle pla.

Tydens hierdie webseminaar sal Aletté ook deel hoe om die simptome van trauma uit jou kinderdae te identifiseer, ernstig op te neem en beheer daaroor te neem en seker te maak dat jy dit nie aan jou kinders oordra nie om sodoende ‘n sinvolle ouerskapstyl te kan toepas.

Soms besef jy nie eens jy worstel met onderliggende trauma uit jou kinderdae nie en daarom is dit belangrik dat jy hierdie datum, 15 November om 20h30 in jou dagboek skryf. Nooi al jou vriendinne, kollegas, jou dogter, Ma, en almal wat jy dink hierby kan baatvind en sluit aan op Zoom by Aletté op hierdie besonderse aand!

Daar is slegs 500 plekke beskikbaar vir die webseminaar, so as jy wil deel wees van hierdie nuttige en lewensverrykende ervaring, moet jy nou spring!

Klik hierhttps://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_YpoQz4UzRIa6O4QI6Ek-2A

om te registreer en jou hou jou e-pos dop vir meer inligting.

Die MASE ISSUES-webseminaar gaan mense aanspoor om hulle kwessie deur te werk en vir elke deelnemer waarheid, hoop en genesing bring en selfs antwoorde bied om vrae waarmee hulle al so lank worstel,” sluit Winckler af.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/girlschoolsa/

Instagram: @girlschool_global

Webblad: www.girlschool.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za