Anne-Marie inspireer met nuwe enkelsnit, Let Us Come Boldly

Anne-Marie van Eeden, bekend vir haar sielvolle musiek, woon tans in Switserland, waar sy haar passie vir musiek uitleef.

Hierdie talentvolle sanger & liedjieskrywer stel op Vrydag 11 November haar splinternuwe enkelsnit, LET US COME BOLDLY, wêreldwyd vry op digitale musiekplatforms.

Die snit is doelgerig om luisteraars te inspireer en is saamgestel uit Hebreërs 4:14-16. Die snit is vervaardig deur Helmut Meijer.

Oor hierdie pragtige enkelsnit, vertel Anne-Marie:

“Jesus verstaan ons probleme en swakhede, daarom kan ons met ’n geruste hart voor sy troon van genade staan. Soms voel ek dat ek nie mag bid nie, omdat ek nie naby genoeg aan God of gelowig genoeg is nie. Maar hierdie vers sê dat ons vry is om dit te doen. Dat Jesus as hoëpriester vir ons tussenbeide tree. Ek wou dit memoriseer en om ’n liedjie, met woorde direk uit die Bybel, daarvan te maak was die perfekte manier om dit te doen.”

Ons sien uit daarna dat almal hierdie snit kan stroom op Vrydag 11 November.

Publisiteit: Starburst Promosies

Web: https://www.starburstmusic.co.za #LetUsComeBoldly