VELVETBLOHM SE EERSTE ALBUM GAAN LUISTERAARS SE VERWAGTINGE OORTREF

Jan Blohm en Ryno Velvet het oor die afgelope paar maande bewys wat gedoen kan word wanneer jy talent op die regte manier kombineer.

Hulle gesamentlike projek, Velvetblohm, het sedert dit vroeër vanjaar afgeskop het groot opslae in musiekkringe gemaak en hulle eerste twee enkelsnitte is baie goed ontvang.

Om dinge nog meer opwindend te maak, het dié begaafde duo pas hulle eerste album saam uitgereik en dis reeds besig om soos ’n veldbrand onder bewonderaars te versprei!

TOE ROEP EK JOU NAAM is ’n kontemporêre Afrikaanse rock-album, uit die kunstenaars se eie pen, en kan beskryf word as ’n “eerlike samevatting van emosie, bestaan, verstaan en weerloosheid… of ten minste ’n hoofstuk daarvan”.

Volgens Velvet het hulle die titelsnit as naam gekies vir die album, omdat hulle graag die skryfproses en die geleentheid om saam te werk wou eer.

Die kern waaruit ons inspirasie spruit was om saam te kon werk. Toe die stof gaan lê na ons besluit het om ’n album te doen, was daar niks anders as om in die oorlogkamer te vergader, ons koppe op ’n blok te sit en te begin skryf nie. Ons was op die regte tyd en plek om ’n album saam met Tertius Human te vervaardig,” sê hy.

TOE ROEP EK JOU NAAM bestaan uit 11 puik snitte, wat noukeurig saamgestel en gekies is om met die hart te praat. Daar is verskeie nuwe snitte, waaronder Tussen Die Lyne en Kaap wat reeds gehoor kan word op verskeie radiostasies, asook herverwerkings van hulle grootste treffers.

Om een snit uit te sonder as ons gunsteling is onmoontlik. Die proses om elke liedjie te kon sien groei, het ons verlief gemaak op ieder en elk. Ons kan nie meer trots en tevrede wees met die finale produk nie. Daar is ’n baie talentvolle groep mense ingespan om dit bo verwagting te laat klink. Om Floors Oosthuizen, Vinnie Henrico en Denny Lalouette op die album te kan hoor is fenomenaal,” verduidelik hulle.  

Alhoewel Blohm en Velvet reeds in 2006 en 2009 saam getoer het, het die idee vir ’n amptelike Velvetblohm-produksie eers aan die einde van 2021 posgevat toe hulle weer besluit het om saam op te tree. Wat begin het as ’n manier om hulle grootste treffers op ’n besonderse manier met bewonderaars te deel, het saam met Kobie Koen van Vonk Musiek ontwikkel tot ’n geleentheid om nuwe materiaal op te neem en vry te stel.

Die duo sien baie uit om nog meer musiek saam uit te bring en is baie opgewonde om in Desember weer saam te toer.

Wanneer hy nie op die verhoog is nie, geniet Jan dit om te skilder en beeldhouwerk te doen. Hy is ook die eienaar van Jan Blohm-kunsgalery en Blohmhuis-teater in die Strand.

As Ryno nie sing nie, hou hy sy lyf grafiese ontwerper en fotograaf en geniet hy dit om musiek te vervaardig vir spesiale projekte.

TOE ROEP EK JOU NAAM is ’n aangrypende stukkie werk deur twee van die land se mees veelsydige liedjieskrywers en musikante en is hopelik net die begin van nog baie saam.

Ons sal graag wil hê luisteraars moet aanklank vind by die musiek. Hierdie album is vir hulle, die mense wat ons wil hoor of iets buite die boks wil ontdek. Ons het ’n goeie idee wat musiek vir ons aanhangers beteken en wil graag hulle ondersteuning regverdig deur ’n goeie album op te lewer wat hulle kan geniet en om ook saam met ons hierdie hoofstuk te vier,” sluit hulle af.

Die album is nou aanlyn beskikbaar, kry dit hier: https://linktr.ee/velvetblohm

SOSIALEMEDIASKAKELS

JAN BLOHM

Facebook: https://www.facebook.com/janblohmfanpage/

Instagram: @janblohm2020

Twitter: @JanBlohm

RYNO VELVET

Facebook: https://www.facebook.com/velvetryno

Instagram: @rynovelvet

Twitter: @rynovelvet

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Gizela Sharim

Sel: 083 399 6869

E-pos: gizela@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za