Agter-die-skerms: Fransien Scott

Die pragtige Fransien Scott het geen bekendstelling nodig nie en met haar nuutste enkelsnit, STORM IN MY HART, bewys hierdie talentvolle kunstenaar presies hoekom haar musiek so geliefd is. Storm in my hart kom uit haar eie pen en is deur Helmut Meijer en Lukas de Beer vervaardig. Die snit is ‘n romantiese ballade wat handel oor ’n verhouding wat swaargekry het oor die jare en waarin daar ’n behoefte bestaan vir vrede en rustigheid.

Ons is baie opgewonde oor die musiekvideo wat vir hierdie enkelsnit vervaardig is en dis vandag ons voorreg om ‘n kykie agter-die-skerms met julle te deel!

Die konsep is saamgestel deur ’n span talentvolle Suid-Afrikaanse kunstenaars en die video is verfilm by 401 Rozendal in die Kaap, waar een spasie gebruik is om twee verskillende wêrelde te skep.

Ek het gevoel dat dit belangrik is om uit te beeld hoe ons so naby kan wees, en tog so vêr uitmekaar kan groei wanneer ons besig raak met ons eie dinge. Deur ’n abstrakte ruimte te skep met behulp van dekor en goeie beligting, dink ek ons kon met baie min, die intense emosie en hartseer van gebroke verhoudinge vasvang.

Storm in my hart is beskikbaar op Maandag 30 Januarie 2023.
Publisiteit: Starburst Promotions