SWERWER SWEEF ‘’VERBY’’ MET NUWE ENKELSNIT
Daar is niks lekkerder as ‘n smeulende verhouding nie, maar as daar meer as net vonke is en die een se persoonlikheid petrol op die ander een se vuur is, stuur dinge op ‘n ramp af. Dit is daar waar jy moet besluit of dit verby is voor iemand se vingers verbrand word. Dit is die tema wat vasgevang word in musikant, Swerwer se nuwe enkelsnit, Verby.
Swerwer, oftewel José Bezuidenhoud het groot geword in Pretoria Wes, hy was ‘n belhamel wat skool geslip het en al die dinge gedoen het wat jy net in Boys Town sal vind. Op ‘n keer moes hy met die skool praat om te sien of hulle hom nie sou skors nie vertel Swerwer. Sy ma het vir hom gese dat hy daardie dag die disiplinere verhoor moet bywoon en as hy klaar is daar kan hy sy kitaar gaan haal wat sy vir hom op laybug gekoop het, hy was toe net 14 jaar oud.
José het op die ouderdom van 23 na Magoebaskloof getrek waar hy vir n rukkie in ‘n tent gebly het. Daar het hy vir n kerk begin werk in Haenertsburg waar hy sy ander lede van die groep ontmoet het. Hulle het klein toere en verskeie vertonings in limpopo en Nelspruit gedoen. Swerwer vertel dat hy baie genot gekry het om saam die mense wat hy ontmoet het die paaie te wandel.
Na ‘n breuk in Limpopo het hy begin reis met ‘n taxi en later met ‘n trein. Hy het sy huis opgegee en sonder ‘n motor en met net ‘n klein PA, Kitaar en sak gereis. “Ek het van dorp tot dorp gereis, week na week ‘n ongelooflike avontuur beleef terwyl ek die land op ‘n unieke manier kon verken” vertel Swerwer.
As liedjie skrywer is Swerwer beinvloed deur die voelvry beweging en het hy nog altyd daarop gefokus om lirieke te skryf in sy moedertaal en te toonset met met ‘n sterk invloed van Rock en Folk. Swerwer se energie op die verhoog is magneties so die musikant het vining klein kroee vir feeste verruil.
Nou is dit tyd vir jou om Swerwer se enkelsnit (VERBY) af te laai en te geniet!
Luister dit hier: https://vyd.co/Verby
PLATEMAATSKAPPY: VONK MUSIEK
PUBLISITEIT: STARBURST PROMOTIONS