RYNO VELVET – VOLKSWAGEN BUSSIE
Ryno Velvet is terug met ‘n nuwe ateljee enkelsnit “Volkswagen Bussie”. Opgeneem by Sunset Studios in Stellenbosch en vervaardig deur Fred den Hartog van Die Heuwels Fantasties en Thieve faam onder andere. Jean Labuschange bekroonde tromspeler en kletsreimer het die tromme op die enkelsnit behartig. Die snit is gemeng deur Jürgen Von Wechmar en gemeester deur Tim Lengveld.
Ryno Velvet, die geliefde sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler, gebore in Bellville, Kaapstad, is veral bekend vir sy bydrae tot inheemse Suid-Afrikaanse rockmusiek. Hy staan bekend as ‘n spreekwoordelike uitvoerder met ‘n ietwat ontwrigte styl, en gehore ken hom veral daarvoor dat hy ‘n regshandige kitaar linkshandig en onderstebo speel.
Sedert 2006 het Ryno Velvet vier studio-albums vrygestel, naamlik Karma (2006), Harp (2008), Bulletin (2010) en Alfabet (2014), terwyl hy saamgewerk het met mede-Suid-Afrikaanse vervaardigers en kunstenaars soos TeeJay Terblanché, Basson Laubscher, Francois van Coke, Pierre Greef, Riku Lätti en Fred den Hartog.
Een van die hoogtepunte in Ryno Velvet se loopbaan is sy betowering met die ikoniese treffer “Ai My Lam”. Hierdie lied het harte verower en ‘n groot impak gemaak op die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Met sy unieke stem en energieke verhoogoptredes weet Ryno Velvet hoe om gehore van alle ouderdomsgroepe te vermaak en te betower.
“Om vir die eerste keer in ‘n lang tyd saam met goeie vriende ‘n snit te maak was wat ek dink die hart en siel in Volkswagen Bussie gesit het” voeg Ryno Velvet by.
Volkswagen Bussie handel oor nostalgie van goeie tye in die verlede, huidig en in die toekoms. Dit is ‘n kits vakansie vir die siel met beskrywende verse en sweep jou weg in die melodiese koor.
Fred den Hartog skep ‘n warm en vriendelike gevoel met die produksie op Volkswagen Bussie. Hy trek die luisteraar in met soniese tekstuur wat gemaklik val op die palet.
“Ek, Jean en Fred het ‘n fees gehad om met die Ryno Velvet klank te peuter. ‘n Vars aanslag toe te pas. Dit was werklik besonders om te sien hoe almal te werk gaan en hulle eie stempel om op die snit te sit.” meen Ryno.
Volkswagen Bussie breek weg van die hoofstroom Afrikaanse populêre musiek, maar behou steeds die waardes en gevoel wat moderene Afrikaans besonders maak.
“Wat hierdie projek uniek maak is dat almal betroke uit baie dieverse style van musiek bymekaar kom om kreatief te verkeer. Dit was vir ons meer belangrik om in die oomblik te wees met die proses as om te jaag om die resultaat te kry. Om so musiek te maak is werklik ‘n droom wat wat word voor jou oë.” Voeg Ryno by.
Ryno Velvet het homself bewys as ‘n ware pionier in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf deur voortdurend innoverende klanklandskappe te skep. Sy musiek het ‘n universele aantrekkingskrag en sy lirieke raak dikwels aan temas wat ‘n emosionele snaar raak by luisteraars regoor die land. Hy is ‘n kunstenaar wat sy passie vir musiek en sy toewyding aan die gehore duidelik uitstraal.
Volkswagen Bussie is nou beskikbaar op alle digitale platforms!
Luister die lied hier: https://vyd.co/Johndeerehoed
SOSIALE MEDIA
Facebook: https://www.facebook.com/velvetryno
Instagram: https://www.instagram.com/rynovelvet/
PLATEMAATSKAPPY:
Vonk Musiek
Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772
Epos: sing@vonk.co.za
Webblad: www.vonkmusiek.co.za
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOTIONS
Danelle Liebenberg
Sel: 0715347796
Epos: danelle@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za