“Die Neil Sandilands Gedoente”-wintertoer: Kaap tot Mpumalanga is op pad!
Lekker ou Frik! Ons is bokvetblink opgewonde om daar by julle te kom note gooi! Hierdie ryk, anderwêreldse vertoning bied van die mees begaafde musici wat ons pragtige land in aanbod het, en met die onkonvensionele, rasperige, aweregse Neil Sandilands aan’t stuur van sake, is jy in vir ’n ding!
Die “Neil Sandilands Gedoente” bring instrumente, blikke, baarde en sakke vol truuks na ’n opstal daar naby jou, van 1 Julie tot 25 Julie 2023.
Sandilands toer hierdie winter noordwaarts, vanaf die Overstrand, al die pad tot in Mpumalanga en Limpopo. Die ander skerpskutter-musikante op die wavrag is die bekende baskitaarspeler Schalk Joubert, die kitaarspeler (van OppieStoep-faam), Frank Freeman en hun Ingilsman (darem met Ierse bloed), Ronan Skillen, op perkussie. Hy slaan enige ding, van ’n crankshaft tot ’n Indiese tabla en als tussenin.
Neil Sandilands is deesdae orals. Ons onthou hom natuurlik meestal as “Bart” van 7de Laan, maar die man het selfs Hollywood op sy manier gaan aandurf, en ’n uitklophou gepot. Sweet Tooth seisoen 2 tans op Netflix, waar hy die rol van die booswig “General Douglas Abbott” vertolk, is nog vars in die geheue en daarbenewens het hy sommer sy tweede vollengte album “Allegaarkie vir ’n Askeet” uitgereik. Snitte soos “Huistoe”, “Stilte wat Raas” en “Kômmôsêdiesê” speel oor die luggolwe en moenie van die wonderlike liedjie “Woestynroos” vergeet, wat hy vir die uitmuntende M-Net-reeks, Desert Rose, geskryf het nie. Dis als deel van hierdie uitvoering.
Sy vorige toer, “Woorde en Akkoorde na die Noorde”, het gehore gaande gehad en Afrikaanssprekendes wyd-en-suid het gevra vir nog. Hier is die geleentheid nou!
Dié boksemdaais bestaan uit werke vanaf al Sandilands se albums: Die SAMA-benoemde “Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse”, “Die Groot 5”, “Die Groot Niks” asook die nuwe album “Allegaarkie vir ’n Askeet”. Hy deel tussenin stories en kwinkslae uit sy lewensverhaal, wat begin het langs die mynhope van Randfontein, gaan draai het in ver plekke soos die eiland Kauai, Nieu-Seeland, New York, Vancouver, Sunset Boulevard, die Namibwoestyn, Namakwaland en ja, sommer nou daar by jou ook. Hierdie toer word deel van sy storie.
Vra maar vir enigiemand wat al een van dié besonderse vertonings beleef het; dis soos daai tweede koppie sawwelyf. Dit maak inderdaad die lewe ’n bietjie meer draaglik. ’n Mens beleef die hele spektrum van emosies by een so ’n vertoning en voel ietwat ryker vir die belewenis. Dis presies wat die dokter aanbeveel vir juis hierdie winter van beurtkrag, kranksinnigheid en allerhande aapstreke. Sien jou daar, by Neil Sandilands se Wintertoer! Kaap tot Mpumalanga. Vatvas!
TOERSKEDULE:
1 Julie: De Wet Saal, Onrus 19:00 https://qkt.io/neilsandilands-onrus
2 Julie: ReedValley, Mosselbaai 20:00 https://www.reedvalley.com/ots/order.php?vendor=1&show=663
3 Julie: Route 62 Bar and Grill, Oudsthoorn 19:00 https://qkt.io/neilsandilands-route62
4 Julie: John Rupert Teater, Graaff-Reinet 19:00 https://qkt.io/kKyI9q
5 Julie: KREATIEF, Burgersdorp 19:00 https://pay.yoco.com/kreatief / 0723909019
6 Julie: KaroohuisTeater, Fauresmith 21:00 https://qkt.io/neilsandilands-fauresmith
7 Julie: Aasvoëlklub, Bloemfontein 20:00 ttps://phoenixpro.co.za/product/neil-sandilands-2/
8 Julie: Noah’s Cheese, Clarens 15:00 https://qkt.io/vtR73b
9 Jullie: Whistler Rum, Henneman 15:00 https://qkt.io/AFiEyB
10 Julie: Travel/Rest (sleep at Die Blou Hond)
11 Julie: Die Blou Hond, Pretoria 20:00 https://www.q2b.co.za/OnlineTickets/Index/1223?singleEvent=3449
12 Julie: Dozi’s Back to the Blues, Hartebeespoort 20:00 ttps://qkt.io/neilsandilands-backtotheblues
OR https://tixsa.co.za/index.php/news/new-events/335-dozi-music
13 Julie: The Pub, Nelspruit 19:30 https://qkt.io/1YlNHr
14 Julie: Christie’s at 32 on Russell, Nelspruit 19:00 https://qkt.io/bdJNns
15 Julie: Nagkantoor- Kaapsehoop Kuierkroeg, Kaapsehoop 19:00 https://qkt.io/neilsandilands-kaapsehoop
16 Julie: Greater Kruger Hotel School, Hoedspruit https://qkt.io/4dF5JX
17 Julie: Day off/TravelModitlo Lodge (Ukanyi Luxury Villa)
18 Julie: Die Olifant Restaurant, Naboomspruit 19:00 https://qkt.io/neilsandilands-naboomspruit
19 Julie: Fairview Hotel, Tzaneen 19:00 https://qkt.io/Cs2t8s
20 Julie: The Sessions Music Café, Dullstroom 19:00 https://qkt.io/neilsandilands-dullstroom
21 Julie: Rustique Boutique Hotel, Middelburg 20:00 https://qkt.io/Gvwjl0
22 Julie: Etienne Rousseau Theatre, Sasolburg 14:30 http://www.ertickets.com/
23 Julie: Loopstraat, Potchefstroom 16:00 – Riaan May 0825718557
25 Julie: Teri-Lemveli Lodge, Beaufort-West 19:00 – Sanette / Yanké 081 876 1381
See meer oor Neil se musiek en toer hier: https://linktr.ee/neilsandilands
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/realsandilands?mibextid=ZbWKwL
Instagram: https://instagram.com/realsandilands?igshid=OGRjNzg3M2Y=
YouTube: https://youtube.com/@neilsandilands-artist
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za