Arnold de Wet: Praising Jesus Video – Agter-die-skerms
Musiek is ’n universele taal en vir baie mense is lofprysing sinoniem met sing.
Bekende kunstenaar, Arnold de Wet, is op ‘n missie om meer opgewekte lofprysing & aanbiddingsliedjies beskikbaar te stel en met sy nuutste enkelsnit, Praising Jesus, is dit pesies wat jy kan verwag!
PRAISING JESUS is ’n opgewekte lofprysings- en aanbiddingslied uit die pen van Arnold, Johan Vorster en Jacomien de Wet en is geïnspireer deur ’n liedjie van Ron Kenoly, Can’t Stop Praisin’.
“Baie van die liedjies wat tans in die kerk gesing word is stadig en hartseer. Ons wou opgewekte musiek, vol geluk en vreugde, skep wat mense fisies en geestelik sal oplig en verryk,” verduidelik Arnold.
Buiten vir die opbouende lirieke, sluit hierdie besonderse snit ook trompet- en vioolmusiek in deur Mathys Maree, wat bydra tot die besonderse gevoel waarmee die boodskap oorgedra word.
Dis ons voorreg om ‘n paar agter-die-skerms fotos te deel wat geneem is tydens die vervaardiging van die Praising Jesus musiekvideo. Jy kan uitkyk vir die amptelike vrystelling op Vrydag 14 Julie 2023. Die musiekvideo sal ook vir die eerste keer op TV speel op Sondag, 16 Julie 2023 om 10h00 tydens Stilte Tyd.
Platemaatskappy: Inhoud Huis Musiek
Publisiteit & Bemarking: Starburst Promosies