Wat is dit wat jou n Afrikaner maak? Ek voel dit is ons taal wat ons baie uniek maak en ons diep tradisies wat in ons gewortel is.
Wat is jou gunsteling Suid Afrikaanse dis en hoekom? Ek is bitter lief vir boere kook kosse omdat daar altyd soveel liefde en smake mekaar komplimenteer. Die ou mense het so spesiale manier gekry om die kook kos voor te lê, maar die gedagte van jare en jare terug se familie resepte wat elke generasie bietjie beter probeer maak. Maar die mooi in kook kos is die “tuis” gevoel wat dit mens gee, en versadig nie net jou honger vir kos nie maar ook die tevrede hart wat gevoed is.
Vertel ons meer oor die maak van die musiekvideo van Bring My Terug. Dit gaan mooi wees, ek het oorspronklike materiaal gekry van soveel boere daar in Amerika wat met drones en hul selfone mooi beeld materiaal geneem het waar hulle werk en wat hulle doen. Waar ons dan net hier buite Pretoria naby Roodeplaat by Gabbata Lodge ñ paar gedeeltes afgeneem het en ook nie te vêr van daar by ñ ou konsentrasie Kamp nog gedeeltes gekry. Ons het dit so gedoen dat almal kan sien waar hierdie boere werk en wat hulle doen, dit raak ook moeilik vir hulle en die families wat agter bly.
Hoekom is die boodskap van die liedjie belangrijk vir Suid Afrika? Want ons almal kan wel steeds saam staan maak nie saak waar jy is nie, Suid-afrikaner sal ons altyd bly en dit help wanneer ons agter mekaar staan en ondersteun. Samesyn is een van die mooiste prentjies, en wanneer klomp Suid-afrikaners bymekaar kom is dit altyd ñ mooi byeenkoms. Ons almal is op die ou einde gelyk in God se oë.
Watter deel van die H2A boere organisasie is vir jou die indrukwekkendste? Die feit dat meeste mense nie besef hoeveel kapitaal hierdie boere in ons land terug sit nie, nie gepraat oor al die nuwe ondervinding wat hulle dan kry in die tydperk daar met boerdery nie. Daardie mense kom terug met soveel nuwe kennis oor hoe om ñ plaas te bestuur, met nuwe masjinerie te werk ens. Ook wat vir my indrukwekkend is oor die H2-A boere is hoe hulle almal saam staan en regtig hard werk.