VIR ONMIDDELLIKE UITREIKING: Magriet Groenewald help vrouens om hulle self waarde te vind die vroue maand

Die betowering van ’n vrou wat haar waarde besef is lewensveranderend en dít is wat Magriet Groenewald haar passie gemaak het – om vroue, en veral vroulike entrepreneurs, te help om hul stem te vind en só die wêreld te verander; een besigheid op ’n slag. 

Magriet, een van ses kinders, het op ’n plaas in die Oos-Vrystaat grootgeword en moes op 6-jarige ouderdom reeds koshuis toe gaan. Sy het dikwels gevoel dat dit moeilik is om haar eie opinies en menings te lig tussen soveel kinders.

Ek het diep binne my gevoel dat ek nie ’n stem het nie en dat ek nie gehoor word nie. Ek was baie skaam en het geglo my opinies is nie waardevol nie. Nadat ek op 35-jarige ouderdom besluit het om my werk te bedank en my eie besigheid te begin, het ek saam met my entrepreneurskapsreis ook op reis gegaan om myself, maar veral my stem, weer te vind. Nou help ek ook ander entrepreneurs, en veral vroue, om hul stemme weer terug te kry en met behulp van sosiale media hulle boodskappe met die wêreld te deel en sodoende hul besighede te help groei.”

Volgens Groenewald, het elke vrou ’n storie om te vertel en ’n boodskap om te deel, maar dat die grootste ding wat hulle terughou vrees is. Daardie vrees om hulleself daar buite te sit en te wonder wat ander van hul gaan dink en dan ook die wanpersepsie dat hulle boodskap nie belangrik is nie. 

Magriet glo dat entrepreneurs, en veral vroue, gehoor moet word en is dit hier waar haar passie vir sosiale media die deur oopgemaak het vir soveel vroulike entrepreneurs om weer hul stemme te vind en ’n groot impak te maak in nie net hulle eie lewens nie, maar ook in hul families en die lewens van hulle kliënte.

Ek het ’n sosialemedia-besigheidskool waarin ek meestal vroue bemagtig om met behulp van sosialemediabemarking hul produkte of dienste te bemark. Ek het gevind dat wanneer ’n vrou net eers haar ‘sprankel’ terugkry, sy werklik ‘onkeerbaar’ word. Daar is so ’n groot behoefte onder vroue-entrepreneurs om net gehoor te word en deel van ’n gemeenskap te word waar hulle veilig voel om hul opinies en idees te deel. ”

Een van haar studente, Deidré Conradie ’n stilis en voorkomskonsultant van Glam & Garment, deel dat sy besef het dat wanneer ’n vrou ’n passie het vir iets, of iets net natuurlik kom, is daar ’n dieper betekenis daarin wat sy moet ondersoek, want dit kan heel moontlik die leidraad wees tot ’n besigheid wat sy daaruit kan bou. Sy glo ook dat die entrepreneurskapsreis uniek is tot elke vrou en dat ’n mens moet rustigheid vind daarin dat jy nie al jou drome dadelik hoef te bereik nie.

Nog ’n student, Adele Camarena van Spectacle World in Goodwood, het genoem dat haar dogter vroeër haar sosiale media hanteer het. Toe haar dogter besig raak met haar eie studies, moes Adele dit oorneem. Sy het gegaan van iemand wat niks van sosiale media weet nie, tot ’n entrepreneur wat nou bemagtig is om haar eie storie te vertel en interessante video’s te maak. Sy het met ons gedeel dat sy soveel selfvertroue gekry het en nie meer huiwer om video’s van haarself, waar sy wenke deel, op sosiale media te plaas nie. Haar passie is om haar kliënte te laat voel soos die held van hul eie storie met die beste moontlike sig, terwyl hulle pragtig en stylvol voel met hul nuwe brille.

Ons het ’n leuse in ons SMB-skool: “Done is better than perfect”. Dit help met daardie perfeksionisme waarmee almal sukkel en wat ons terughou om te deel op sosiale media.

Madri van der Westhuizen deel dat haar en haar man Konrad se besigheid, MadKon Stainless Steel Braais, deur middel van hul organiese sosiale media ’n internasionale mark bereik het. Sy was aanvanklik baie skepties oor sosiale media, maar het vinnig besef dat die demonstrasievideo’s, waarin haar man self die demonstrasies doen van die opslaanbraai, vertroue ingeboesem het by hulle kliënte. Want, soos ek altyd aan my studente noem: “Mense koop by mense. Hulle wil die persoon agter die besigheid sien.” Dit het veroorsaak dat mense by skoue met hulle kom gesels het, asof die kliënte hulle reeds ken van hul video’s op sosiale media. Sy noem dat sosiale media ’n baie kragtige plek is om ’n gemeenskap te bou, soos in hulle geval onder buitelewe-liefhebbers.

Magriet deel verder: Navorsing toon dat sosialemediagebruik gekoppel is aan verhoogde angs en dat vroue soms voel dat hulle ’n geïdealiseerde weergawe van hulself aanlyn moet voorhou. Dit kan lei tot ’n negatiewe kringloop waar vroue begin kompeteer teen mekaar en mekaar oordeel. Ek het egter besef dat vroue van nature die neiging het om mekaar eerder te ondersteun en te koester as om te kompeteer. Geskiedkundig het vroue belangrike rolle gespeel in gemeenskapsbou en sorg, en hierdie eienskappe is vandag steeds teenwoordig.

Sosiale media kan hierdie positiewe eienskappe versterk as dit op die regte manier gebruik word. Dit kan kragtige hulpmiddels wees vir vroue om hul stories te deel, mekaar te ondersteun, en besighede te bou wat die groei en bemagtiging van vroue bevorder. Ons lewe in ’n wêreld waar entrepreneurs baie alleen voel, in my besigheidsskool skep ek ’n baie gemaklike omgewing waar vroue daardie broodnodige gemeenskap kan kry sonder oordeel en waar hulle as persoon en besigheidseienaars kan groei.

Magriet verklap dat byna al die studente in haar aanlyn sosialemediakursus by haar aansluit met ’n groot vrees om hulself daar buite te sit op sosiale media, of selfs net daardie eerste plasing te maak. Sy glo egter dat elkeen ’n boodskap het wat gedeel moet word en indien jy as besigheidseienaar of entrepreneur eers besef dat jou diens of produk die lewe vir iemand makliker gaan maak, dan oorwin jy daardie vrees sommer vinnig. 

Sy sê gereeld vir haar studente: “Fokus eerder op die verskil wat jou produk of diens in iemand anders se lewe kan maak as op wat iemand anders van jou plasing gaan dink. Iemand daar buite het jou produk of diens nodig, maar jou vrees om dit daar buite te sit ontneem hulle daarvan. Wanneer jy so daarna kyk verplaas jy die aandag van jouself na die positiewe impak wat jy kan hê op die wêreld daar buite.”

Magriet glo dat deur ’n kultuur van aanmoediging en egtheid te bevorder, vroue sosiale media kan gebruik om hul stem aanlyn te vind, mekaar op te hef, en suksesvolle besighede te bou wat hulle ware self weerspieël.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

TikTok: @Magrietgroenewald

Facebook: https://www.facebook.com/magrietgroenewaldsocial

Instagram: @Magriet.co

X: @Magriet.co

Webblad: www.magriet.co

YouTube: Magriet Groenewald

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za