Francois van Coke & Van Pletzen is #KAKMAL

“Francois van Coke het al gesê ‘Die wêreld is mal’, maar dit is eintlik verkeerd. Die wêreld is kakmal!” Van Pletzen

Francois van Coke en Peach van Pletzen (Van Pletzen) kom al ‘n lang pad saam. Hul vriendskap strek al oor twee dekades.

Dit het alles in 2009 begin toe hulle saam liedjies vir ‘n mal teater produksie genaamd 2-21 geskryf het. Daardie liedjies het ontaard in Oorlog Frankenstein. Peach het toe Van Coke Kartel se Skop, Skiet & Donner album in 2010 vervaardig.

Nou, uiteindelik, het die tyd gekom vir die “vader van Bellville” (Francois van Coke) en die “prins van die Noord” (Peach van Pletzen) om saam te smelt en ‘n MASSIEWE, kakmal liedjie los te laat!

Francois en Van Pletzen sal Kakmal vir die eerste keer saam opvoer by Francois van Coke & Vriende Livestream 2020 op 18 September om 8pm.

KYK KAKMAL HIER:

Klik hier Francois van Coke & Vriende kaartjie: FVCENVRIENDEKaartjie

SKAKELS:
FvC:
Webwerf: francoisvancoke.co.za
Twitter: @FrancoisVanCoke
Facebook: francois.vancoke
Instagram: francoisvancoke

Van Pletzen:
Webwerf: VanPletzen.co.za
Instagram: vanpletz
Facebook: VanPletz