Lefra is terug op die verhoog by Carnival City

Lefra se Applouskonserte bied aan:

Mathys Roets: Reën | Vrydag, 18 September @ 19:00

Groet die Grotman 2 | Saterdag, 19 September @ 18:30

Rocco de Villiers: Kortbroek, Langkouse | Sondag, 11 Oktober @ 15:00

Helene Bester sing Nana Mouskouri | Saterdag, 17 Oktober @ 19:00

Besprekings: www.computicket.com

Meer inligting: www.lefra.com

APPLAUSE IS OP DIE CASINO-VLOER GELEË – GEEN ONDER 18’S

Ons is terug!  Na ‘n afwesigheid van meer as vyf maande is Lefra weer op die planke met vier produksies by Carnival City se Applause, en bied die volgende paar weke ‘n verskeidenheid skreeusnaakse komedies en keurige musiek aan.  Mathys Roets skop die Lefra Applause-konserte af op Vrydag, 18 September om 19:00, met Wynand van Vollenstee in die skreeusnaakse Groet die Grotman 2 op Saterdag, 19 September om 18:30.  Rocco de Villiers vermaak aanhangers met sy produksie Kortbroek, Langkouse op Sondag 11 Oktober om 15:00, en sangeres Helene Bester bring hulde aan die ikoniese Nana Mouskouri op Saterdag 17 Oktober om 19:00.  Besprekings vir al die applouskonserte kan gedoen word by Computicket by 0861 915 8000, of aanlyn by www.computicket.com.

Groepe van meer as 10 kry oudergewoonte ‘n lekker afslag – skakel Monica by (011) 815-3000, of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com.  As jy vir al vier produksies bespreek, betaal jy slegs R500,00 per persoon, ‘n besparing van R270,00. 

Die Lefra Applause-konserte word aangebied met die trots ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wines, Renegades Removals, Ambassador Execudrive en Savvy Holdings. Daar word streng by alle Covid-19-protokolle gehou en esoekers word daaraan herinner om hul maskers saam te bring!

Die volgende Covid-19 protokols is in plek wanneer jy Carnival City besoek:

  • Gesondheidsvraelyste word deur elke persoon by alle ingange voltooi en jou temperatuur sal gemeet word;
  • Elke gas moet sy of haar identiteitsdokument of MVG-kaart by die ingang toon;
  • Elke gas moet ‘n masker dra en sy of haar hande ontsmet by die ingange;
  • Binne die venue sal sosiale distansiëring gehandhaaf word;
  • Alle drankies sal geseël wees as dit bedien word;
  • Alle kos sal bedek wees as dit bedien word.