Military Wives nou beskikbaar op DSTV Box Office!
LOKPRENT:
Regisseur Peter Cattaneo se langverwagte rolprent, MILITARY WIVES, is van vandag af uiteindelik beskikbaar op DSTV Box Office. Dit word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk.
As flieks soos Calendar Girls en The Full Monty op jou lys van gunstelinge is, gaan jy beslis mal wees oor hierdie inspirerende verhaal.
MILITARY WIVES vertel die storie van ’n groep vroue wat ’n reuse sukses maak van dit wat veronderstel was om ’n terapeutiese stokperdjie te wees. Die draaiboek, wat geskryf is om hulde te bring aan vroue wat saamstaan, draai om die pogings van soldate se vroue om hulle gemoedere te lig wanneer hulle mans gaan oorlog maak.
“Hierdie rolprent bring hulde aan die vroue en meisies wat agtergelaat word,” verduidelik Cattaneo. Wanneer die lewe moeilik raak, het ’n mens soms nodig om saam te lag om te oorleef. Hierdie is ’n eerlike verhaal oor mense wat daarvan hou om mekaar te laat lag. Dit gaan oor menslikheid en mense kan baie snaaks wees.”
MILITARY WIVES is gebaseer om die ware verhaal van die koormeester, Gareth Malone, wat in 2011 ’n groep vroue onder sy vlerk geneem het terwyl hy besig was om aan die BBC-program, The Choir, te werk. . Navorsing het getoon dat koorsing help om stres te verminder en eensaamheid, angs en depressie te bekamp. Sy doel was om die vroue en meisies van soldate te help om hulle gevoelens weer te gee deur middel van musiek.
Die fliek wys hoe die netjiese en georganiseerde Kristin Scott Thomas (Kate) ’n onverwagse vennootskap vorm met die meer gemaklike en onkonvensionele Sharon Horgan (Lisa) om ’n koor te vorm vir die soldate se vroue. Hierdie koor help nie net dié vroue deur van die moeilikste oomblikke in hulle lewens nie, maar word ook mediasensasie wat die weg baan vir soortgelyke pogings regoor die wêreld.
Greg Wise, Jason Flemyng, Emma Lowndes, Gaby French, Lara Rossi, Amy James-Kelly en India Ria Amarteifio is ook in die fliek te sien.
MILITARY WIVES, uit die pen van Rosanne Flynn en Rachel Tunnard, is ’n opbouende en inspirerende goedvoel rolprent oor vriendskap, liefde en ondersteuning binne ’n gemeenskap. Dit is ’n storie waarby almal sal aanklank vind en wat die hele gesin sal geniet.
INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook: @militarywivesmovie
Nuts About Movies: https://www.facebook.com/NutsAboutMovies/
PUBLISITEIT EN BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
www.starburstmusic.co.za