Ichnus – Skree Vir My

Die 31-jarige Ichnus Wait van Pretoria, wat huidiglik bekend is saam met sy vennoot Eddie Whelan vir hulle unieke craft bier, Buffelsfontein Lewer-Olie, se lewe slaan nou egter ‘n ander koers in.

Een van sy grootste drome is om voor enige gehoor van mense te kan optree as sanger, al is dit net om een persoon te inspireer, is dit genoeg vir hom.

Vandag het daardie droom waar geword en word sy tweede enkelsnit “Skree Vir My” bekendgestel.

“Op die stadium is my plan vir die toekoms ‘n mengsel van soveel as moontlik musiek maak, vreesloos optredes aan te pak en sodoende die geleentheid te hê om my eie storie en boodskap oor te dra,” vertel Ichnus

Skree Vir My NOU beskikbaar op alle digital platforms – DRUK HIER

Skree Vir My Video