Renaldo – Hoe Hoog, se musiekvideo is hier!

Musiekvideo:

So week terug het Renaldo gevra, ‘Hoe Hoog’ met die vrystelling van sy nuwe enkelsnit en vandag wys hy ons wat hy daarmee bedoel het deur die musiekvideo se vrystelling!

Die musiekvideo handel oor hoe jy bereid moet wees om enigeiets te doen vir die persoon vir wie jy lief is en ook as die persoon sê jy

moet spring, dan vra jy ‘hoe hoog’. ’n Mens kan altyd net hoop dat ‘n verhouding sal uitwerk albei kante toe. Om dit te laat gebeur, moet jy

bereid wees om uit jou pad uit te gaan vir die een wat goed is vir jou.

Melanie (Jansen van Rensburg), PACISA-wenner, vertolk die rol van die meisie waarop Renaldo dolverlief is in dié video – vervaardig deur Yellow Lemon Media, wat ook videos vervaardig het vir Juanita du Plessis, Snotkop, Robbie Wessels en vele meer.