Tiffany Tate is smoorverlief in nuwe enkelsnit!

Die jong sangeres Tiffany Tate se splinternuwe Afrikaanse enkelsnit So Verlief beskryf ‘n nostalgiese terugblik op die liefde wat blom tussen ‘n paartjie op die perfekte somersdag.

Die popliedjie is uit Tiffany se eie pen en is vervaardig deur Stephan van Huyssteen, ook bekend as Stephantasties.

So Verlief beskryf ‘n spesifieke dag waaraan jy terug dink. Alles aan dié dag was pret en jy onthou net hoe verlief jy was op daardie spesiale iemand,” vertel Tiffany.

Die liedjie is geïnspireer deur een van Tiffany se eie ervarings toe sy en dié spesiale iemand saam met ‘n vriend vir sy verjaardag op ‘n toer deur Johannesburg gegaan het met ‘n Red City-bus.

“Ek het nogal gewonder wat is daar om te sien in Johannesburg, maar dit het uitgedraai om een van die lekkerste dae te wees wat ek nog ooit gehad het,” sê Tiffany.

So Verlief het ‘n positiewe boodskap oor hoe ‘n verhouding groei en wat na jare in baie opsigte nog dieselfde bly.

“Die liedjie beteken vir my baie, want dit vertel ‘n storie van ‘n verhouding in sy mooiste vorm.”

Luisteraars sal aanklank vind by die liefdesverhaal wat die liedjie uitbeeld asook die moderne klank en styl van die snit.

“Ek wil hê die liedjie moet mense goed en nostalgies laat voel terwyl hulle terug dink aan iets soortgelyk wat hulle al ervaar het. Stephan het baie goeie werk gedoen met die klank van die liedjie.”

Oor die kunstenaar

Tiffany het onlangs deelgeneem aan die tweede seisoen van die gewilde kykNET-sangprogram Maak My Famous.

Sy beplan om aanstaande jaar nog ‘n enkelsnit asook ‘n vollengte album uit te reik.

Link na digitaal hier: http://itunes.apple.com/album/id/1540220222

PR & Bemarking
Talana Kuhn
072 494 4874 | 012 004 0642
talana@marketingzoo.co.za
The Marketing Zoo