Geloftedag Vir Die Boere – GRATIS Aanlyn Vertoning

Op Woensdag 16 Desember kom twee van die land se bekendste sangers en hulle gesinne byeen om ‘n virtuele Geloftedag vir die boere aan te bied.

Steve Hofmeyr en sy seun Armand Hofmeyr en Juanita du Plessis en haar twee kinders, Franja du Plessis en Ruan Josh sal regstreeks vanuit die Heartfelt Arena in Pretoria te sien wees.

Jay du Plessis en Bok van Blerk sluit ook by dié twee geliefde Afrikaanse gesinne aan.

“Ek en Steve wou graag ons twee gesinne bymekaar bring om ‘n Geloftedag vir ons boere aan te bied en die hartsnare te roer op ‘n dag wat ons as Afrikaners na aan die hart lê,” sê Juanita.

Die program skop om 12:00 af met Dr. Etienne Marais met sy Geloftedag-boodskap waarna die geliefde kunstenaars die verhoog sal betree. Die program sal 18:00 eindig.

‘n Handjievol kaartjies na die konsert in die arena is reeds uitverkoop. Kaartjies na die aanlyn konsert is gratis, maar donasies is welkom en sal ongelooflik waardeer word deur die boere om hulle uit te help in hierdie uitdagende tye wat hulle tans is die gesig staar.

Die aanlyn vertoning is GRATIS en kan deur oud en jonk geniet word! Kaartjies is beskikbaar by iTickets: https://itickets.co.za/events/450380