Awe My Ma Se Kind deur Pret Kadet ft. Foksie Konyn!

Ontmoet vir Pret Kadet:

Bruce Wayne is “Batman”, Clark Kent is “Superman”, Peter Parker is “Spiderman” en Renier Conradie is die Pret Kadet. Pret Kadet is meer as net ‘n naam.

Renier is gebore in Brackenfell en het daar skool gegaan tot en met Graad 2. Sy ouers het toe teruggetrek na hulle grootword dorp, Robertson en Renier het toe daar sy skoolloopbaan voltooi. Robertson se mense en hulle kultuur is wat hom gevorm het tot die persoonlikheid wat hy vandag is.

Renier wou aanvanklik ‘n akteur geword het. Daar was nie baie drama geleenthede vir hom om te oefen en om ‘n deurbraak te kry nie. ‘n Vriend van hom het ‘n Hip Hop dansgroep begin en het hom gevra of hy nie dalk die musiek aanmekaar kan sit vir hulle nie en dis net daar waar hy sy liefde vir rap musiek gevind het.

Renier het begin rap toe hy 16 was. Renier het alles wat hy gedoen het eers vir sy vriend gestuur om te vra wat hy daarvan dink. Sy vriend het net altyd gesê dat dit glad nie goed is nie, maar dit het gemaak dat Renier harder probeer, beter lirieke probeer skryf & met beter idees vorendag kom. Vandag is Renier bekend om verse eers 400 keer oor op te neem todat hy nie meer foute kan hoor nie.

In 2019 het Emo Adams hom gebel om te sê hy is gekies om deel te wees van “Maak My Famous” Seisoen 1. Renier het onder die Top 20 van die seisoen geeindig en daardie blootstelling het baie deure vir hom begin oopmaak.

Renier se styl is baie energiek met baie “funny punchlines”, maar hy hou ook daarvan om daardie energie in ernstige liedjies te gebruik.

Ontmoet vir Foksie Konyn:

Eileen Griebenow, beter bekend as Foksie Konyn, haar verhoognaam is ‘n plat- op-die-aarde, behulpsame en vriendelike dame, wat hou daarvan om almal te sien glimlag. Sy is in 1997 in Durbanville gebore en bevind haarself nogsteeds in die hartjie van Durbanville. Sy het haar hoërskoolloopbaan by Hoërskool Durbanville begin en voltooi.

Haar rap loopbaan het onlangs eers begin, waar sy begelei word deur haar beste vriend en nou ook haar mede-musiekkollega, Renier Conradie, beter bekend as Pret Kadet. Hy is ook die rede agter haar loopbaan en sy voel al die eer en dank gaan aan hom.

Haar stem word vir die heel eerste keer gehoor in die liedjie genaamd ‘Rentelose Liefde’, sy vertolk ook self-die rol in die musiekvideo saam met Pret Kadet en Wanzap.

Meer oor hulle nuwe enkelsnit en musiekvideo Awe My Ma Se Kind:

Renier was besig om sy Facebook “page” se “following” te bou. Hy het ‘n klomp grappies van hom in “sketches” verander en vir Foksie Konyn gevra om dit te help uitbeeld. Renier het meer idees begin kry en Foksie was net “game” vir alles. Renier het vir haar gesê dat hulle nou iets moet doen wat viral kan gaan en dit is hoe “Awe My Ma Se Kind” ontstaan het. Renier het die “beat” gehoor op ‘n klomp mense se Instagram en Tik Tok videos.

Hy het die “beat” toe gaan google en besluit dis op hierdie “beat” wat hulle iets gaan doen. Renier het toe dadelik die liedjie begin skryf en die res is geskiedenis.

Die beplanning vir die musiekvideo was uit en uit net gewees, “Let’s go out there and be crazy”. Elke “scene” het net maller en maller geraak soos die adrenalien begin pomp het. ‘n Groot faktor tot die video se sukses is Foksie Konyn wat net game was vir alles.

Pret Kadet en Foksie Konyn wil net he, hulle musiek moet ‘n glimlag op iemand se gesig sit asook ‘n huppel in jou stap.

Luister na Awe My Ma Se Kind HIER