Dorelde & Andre Amant stel afrikaanse Pop/Deep House snit vry!
Dorelde span kragte saam met EDM vervaardiger, Andre Amant, met hierdie Pop/Deep house enkelsnit genaamd “Tweede Kans”.
Haar natuurlike talent en fluweel sagte stem bring ’n warmte na hierdie genre en gee ’n unieke klank aan afrikaanse Pop en EDM.
Sy sing van jongs af en geniet dit om gehore te laat saam voel, sing en geniet.
Met hierdie snit maak sy haar debuut as opname kunstenaar en beplan ’n string enkelsnitte in die nabye toekoms.