Wynand & Chereé is terug met n nuwe Country Album!

Suid Afrika se eie Johnny & June is terug met ‘n nuwe album – Just Us

Getroude Duo – Wynand & Chereé is terug met hulle 4de duet album en hierdie nuwe album stel weereens nie teleur nie. Die duo wat bekend is vir veral hulle verwerkings van ou klassieke country treffers, vat weer raak met hulle nuwe album getitel “Just Us”.

“Ons voel daar is soveel van die ouer klassieke country liedjies wat verlore geraak het deur die jare, daarom is dit belangrik dat ons die ou musiek van so aard maak dat dit aanklank vind by veral die jonger geslag” vertel Chereé.

Wynand beaam, “Dit is wonderlik om te sien hoe konsertgangers van oud en jong saam sing soos ons deur ons optredes gaan, dit gee ons die vrymoedigheid om country musiek ook met die jonger geslag te deel”.

Die nuwe album is ‘n versameling van hulle vorige album “So onthou ons, ons gunsteling duette” met 4 splinternuwe opnames.

Die nuwe opnames sluit in die alombekende en beminde “You are my sunshine”. Chereé vertel juis dat hulle die weergawe van Johnny Cash geluister het gedurende die grendeltyd en net daar en dan besluit het dat hulle dit moet opneem. ‘n Pragtige sielsvolle vertolking van die Don Williams se treffer, “Love me tonight” is sonder twyfel een van die hoogtepunte en dan Alan Jackson se “The older I get” kry as duet nuwe betekenis. Verder is daar ook ‘n modern country liedjie op die album, die Kenny Chesney cover “You and tequila” word perfek vertolk deur die twee veelseidige kunstenaars.

LYS VAN SNITTE OP DIE ALBUM

  1. You are my sunshine
  2. Love me tonight
  3. You and tequila
  4. The older I get
  5. Jackson
  6. Let your love flow
  7. Islands in the stream
  8. If teardrops were pennies
  9. Somewhere between
  10. Stumblin’in
  11. I got you babe
  12. Suspicous minds
  13. Up were we belong

VIR MEER INLIGTING OOR DIE ALBUM:

Leozelle Bekker: leozelle.bekker@umusic.com  / 074 643 5438