Twee van SA se top sosialemediasterre oppad na groot hoogtes!
TikTok is in 2016 bekendgestel en het sedertdien een van die gewildste platforms in die wêreld geword. ByteDance se kortvideo-toepassing stel gebruikers in staat om video’s, oor enige onderwerp, met hulle volgelinge te deel en is reeds meer as ’n biljoen keer afgelaai. As jy nog nie daarvan weet of deel is hiervan nie, mis jy beslis uit!
TikTok loop oor met ongelooflike inhoud, wat wissel tussen grappige-, mode-, skrikmaak- en poets- tot skoonheids-, musiek-, dans-, toorkuns- en ander humoristiese video’s! Híér sal jy byna enigiets raakloop.
Soos wat die platform groei en ontwikkel, trek dit ook die aandag van besighede en bekendes. Verskeie Suid-Afrikaners het reeds by die platform aangesluit en twee van die Top TikTok-sterre in die land, CHANE GROBLER en KingBerto, het pas eksklusiewe publisiteits- en bestuurooreenkomste met Starburst Promosies/ MuseStar Management geteken.
“Ons is ongelooflik opgewonde om CHANE GROBLER en KingBerto in die Starburst/MuseStar-familie te verwelkom. Hulle is baie talentvolle inhoudskeppers en ongelooflike rolmodelle. Alhoewel TikTok se hooffokus vermaak is, is daar ’n geweldige toename in besigheidsgerigte inhoud en die waarde wat produkplasings en promosies kan toevoeg tot handelsmerke en besighede. Om gebruik te maak van invloeders/ inhoudksppers deur middel van platforms soos TikTok en Instagram is die nuwe manier om, teen bekostigbare pryse, jou besigheid, produkte, dienste en musiek aan jou teikengehoor te bemark. Dink net daaroor. In CHANE en KingBerto se geval, bereik jy 3.3-miljoen mense. Dink daaroor… 3.3-miljoen mense!”, sê Alishia van Deventer – Hoof Uitvoerende Beampte van Starburst Promotions en MuseStar Management.
CHANE GROBLER (20) is ’n bekroonde inhoudskepper, wat haar 2.2-miljoen volgelinge op TikTok inspireer om hulle drome te volg en positiewe lewensbesluite te maak. Sy is ’n rolmodel, handelsmerkverteenwoordiger en invloeder, wat kreatiewe inhoud skep waaroor haar aanhangers mal is. Sy het al saam met groot handelsmerke gewerk soos Cosmopolitan, Levi’s, Lamborghini, POPL, Warner Music, REVOLVE, Samsung, GHD en Netflix, om maar net ’n paar te noem. Jy kan haar op TikTok volg by @chanegrobler. Sy het ook meer as 86 000 volgelinge op Instagram (@chane_grobler18). Hierdie spontane, plat-op-die-aarde jong dame is ’n gunsteling onder besighede en handelsmerke om hulle produkte en dienste aan haar aanhangers te bemark.
“My ooreenkoms met Starburst Promotions / MuseStar Management gee vir my hoop vir die toekoms en my loopbaan. Ek weet dat ek in die beste hande moontlik is en dat hulle my beste belange op die hart dra! Ek is baie opgewonde daaroor om saam met hierdie wonderlike span mense te werk en sien uit na wat ons saam kan bereik!” sê sy.
KingBerto (Roberto de Gouveia – 26) het 1.1-miljoen volgelinge op TikTok (@k1ngbert0) en 47 000 volgelinge op Instagram (@k1ngbert0). Hy het al saam met groot name gewerk soos Lamborghini, POPL, Levi’s, Starbucks, Universal Music, Samsung, en vele meer. KingBerto is die koning van die strate en glo daaraan om terug te gee aan sy aanhangers. Hy is ’n goedhartige, plat-op-die-aarde inhoudskepper, tekkie-liefhebber, pizza-slaaf, handelsmerkverteenwoordiger, tegnologie-entoesias en rolmodel vir baie. Hy verwys graag na sy volgelinge as #TheRoyals en is ’n gewilde keuse onder handelsmerke om hulle produkte aan sy #Royals bekend te stel.
Oor die geleentheid om saam met Starburst Promotions / MuseStar Management te werk, sê hy: “Deur by Starburst Promotions / MuseStar Management aan te sluit, voel dit asof die laaste deeltjie van my legkaart uiteindelik in plek val. Ek glo met my hele hart dat ek in die beste hande is en omring is met mense wat ek met my lewe kan vetrou. Ek voel baie tuis.”
Om dinge nog meer interessant te maak, is CHANE en KingBerto ook ’n paartjie. Dit beteken dat hulle gesamentlik meer as 3.3-miljoen volgelinge on TikTok het en meer as 133 600 op Instagram. Hulle aanhangers is mal oor hulle en verwys dikwels na dié twee as Robbiné. Hulle is baie pret en ’n gewilde keuse onder besighede en handelsmerke wat paartjie-georiënteerde produkte wil bemark, veral met Valentynsdag wat om die draai is…
[KYK] Gaan kyk na hulle nuutste materiaal op Instagram – KingBerto en CHANE GROBLER – @FordSouthAfrica
https://www.instagram.com/reel/CKRDkCbHbp4/?igshid=1tuvuor5thu3s
As jy saam met CHANE GROBLER of KingBerto wil werk om jou handelsmerk, besigheid, musiek of produk te bemark, kontak ons nou!
PUBLISITEIT & BEMARKING / HANDELSMERKVENNOOTSKAPPE & PROMOSIES:
STARBURST PROMOSIES / MUSESTAR MANAGEMENT
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za