Ruan bring vertroosting in die moeilike tyd!

“Go rest high on that mountain” is ‘n song wat al by Ruan draai vandat hy ‘n tiener is. Hy het altyd gehoop dat die dag wat hy sy laaste asem uitblaas, iemand vir hom sal kan sê “Well done, jy het jou goed van jou taak gekwyt”.

In die seisoen van verlies waarin ons huidiglik lewe met soveel geliefdes wat sterf, soveel besighede wat toemaak en soveel lewens wat onherroeplik verander, wou hy hierdie liedjie opneem.

Dit bring vertroosting, dit help om te laat gaan met die wete dat jou verlies op die berg van vastheid kan rus. God het jou, Hy het jou geliefde en Hy het jou situasie in Sy hand.

As jy iemand aan die dood afgestaan het onlangs, weet dat die hemele juig oor sy/haar lewe en dat hulle op die plek is waar ons wil wees. Hulle is veilig en okay. Jy ook.

Kyk musiekvideo hier:

Download of stream liedjie hier:

https://RuanJosh.lnk.to/GoRestHigh

Vir meer inligting oor Ruan Josh kontak:

Leozelle Bekker – leozelle.bekker@umusic.com / 074 643 5438