Leah bly droom in onseker tye!
“Drome gee my die vlerke om te vlieg”, sing Leah in haar liedjie, Dromer en hoop om met die woorde elkeen te inspireer om vas te klou aan dit wat vir hulle belangrik is.
“Die lewe is uitdagend genoeg en al voel dit soms of dit buite ons bereik is moet ons steeds glo dat óns ons drome kan bewaarheid,” sê Leah. Dromer verskyn op Leah se Kyk Na My album wat in 2019 bekendgestel is en Hugo Ludik en Vaughan Gardiner het die pop snit neergepen. Die album sluit ook gewilde treffers soos Ek Mag Jou Mis, Ek Noem Jou Myne en Girl’s Night in.
Luister Dromer hier – https://Leah.lnk.to/Dromer
Die musiekvideo, wat op 12 Maart bekendgestel word, het ‘n vars en nuwe aanslag in die vorm van ‘n lirieke video. Maar die kykers sal nie net in woorde vaskyk nie maar steeds bederf word met pragtige foto’s en beeldmateriaal van die beeldskone Leah waar haar borrelende persoonlikheid uitgebeeld word.
Kyk Dromer se Liriekvideo hier:
Kyk gerus uit vir haar splinternuwe In Afrikaans (Live) album met van haar grootste enkelsnitte soos Volmaan, Met Jou Klere Aan en ‘n paar verrassings wat akoesties opgeneem is.
Die album is nou digitaal beskikbaar om te luister hier: https://leah.lnk.to/InAfrikaansLive
Haar debuut-album, Wonderwerk, waarvan sy later ’n Deluxe-weergawe uitgereik het wat goue status vir verkope bereik het, is ook bekroon met talle toekennings waaronder ’n Ghoema- en drie Huisgenoot Tempo-toekennings (Beste Nuweling, Beste Liedjie en Beste Musiekvideo), asook ’n Bokkietoekenning vir Beste Vroulike Kunstenaar.
Jy kan haar ook nou op die Kassie sien as die aanbieder van die splinternuwe leefstyl- en gesondheidsprogram, Duidelik Dapper op kykNET – elke Vrydag om 17:30. Leah is vanjaar al twaalf jaar in die musiekbedryf doenig. Hierdie Kapenaar kom uit ’n musikale familie en het reeds op ’n jong ouderdom begin sanglesse neem en vertonings hou in hulle sitkamer.
Dié skoonheid spog met ’n diploma in Musiekteater, asook ’n BCom-graad in Regte, omdat sy buiten vir haar liefde vir musiek ook nog altyd ’n sterk sin vir regverdigheid gehad het. Sy geniet ’n wye verskeidenheid musieksoorte, maar meen dat Laurika Rauch se tydlose styl vir haar ’n groot inspirasie is. Ed Sheeran, Taylor Swift en Maren Morris word ook gelys as van haar huidige gunstelinge.
Vir Bespreekings Kontak: Corne by 083 380 3810 / corne@coproductions.co.za
Vir Media Kontak: Leozelle by 074 643 5438 / leozelle.bekker@umusic.com