Na die sukses van Wyn is Deon Groot terug met nog n treffer!

Na die groot sukses van Wyn het Deon Groot sy waarde gebring tot die kuier mark. Hierdie keer maak hy weer so met die liedjie Los waar hy beloof om jou voete en heupe te maak dans. Hy maak almal n bietjie Los met hierdie versekerde treffer wat die mark baie hard gaan slaan met klanke soos nog nooit gehoor nie.

Deon se stormloop tot die mark is agv sy unieke styl en hierdie lied bring juis dit navore. ‘n Liedjie vir elke fees en kuier geleentheid. Die lied en genre is ‘n sterk “bluegrass” ondertoon met natuurlike klanke wat omhels word deur ‘n afrikaanse rock/pop styl. Dit is kenmerkend aan dit wat Deon Groot oor die algemeen doen en bring. Dit is uniek en sterk.

Die storie gaan oor twee mense wat Los is van alles en net ‘n aand wil uitgaan en dit geniet sonder enige bekommernisse or wat more mag bring en net lekker wil kuier en dans.  Deon voel net soos Wyn sal dit eers die mark skok oor dit juis so uniek is .

Luister Los hier – https://DeonGroot.lnk.to/Los

Vir Bespreekings Kontak: Stefanie by 082 706 2405 / stefanie.nortier@umusic.com

Vir Media Kontak: Leozelle by 074 643 5438 / leozelle.bekker@umusic.com