Liewe Heksie by die Roodepoortteater!

WEN KAARTJIES NA LIEWE HEKSIE BY DIE ROODEPOORTTEATER!

Drie lesers/luisteraars kan ‘n gesinskaartjie (4 kaartjies) wen na Liewe Heksie op Woensdag, 24 Maart om 11:00 by die Roodepoortteater.  Om deel te neem aan [PUBLIKASIE/RADIO/TV] en Lefra se kompetisie, kan jy die volgende na 43366 SMS: WEN HEKSIE [PUBLIKASIE, RADIO, TV], dan JOU NAAM EN VAN en dan JOU STAD OF DORP.  Dieselfde inligting kan ook per epos gestuur word aan wen@lefra.com met LEFRA & [PUBLIKASIE] HEKSIE KOMPETISIE as onderwerp.  Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die Redakteur is finaal.

  1. Vir onderhoude met Frans Swart kontak gerus vir Charl Senekal by (011) 815-3000/061 616-6138 of epos aan admin@lefra.com.

LIEWE HEKSIE VLIEG ROODEPOORT TOE!

Roodepoortteater, Christiaan de Wet-weg 100, Florida Park, Roodepoort
Woensdag, 24 Maart @ 11:00 | Vrydag, 26 Maart @ 11:00 | Saterdag, 27 Maart @ 11:00
Besprekings: (011) 472-1374 of (011) 674-1357 of bespreek aanlyn www.roodepoorttheatre.com
Meer inligting: www.lieweheksie.com

Verna Vels se geliefde Liewe Heksie, wat terloops op 42 April verjaar, kruip geslag ná geslag diep in kinderharte.  Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Mattewis die kat altyd naby om te help.  Die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats kuier by die Roodepoortteater op Woensdag, 24 Maart, Vrydag, 26 Maart en Saterdag, 27 Maart, elke oggend om 11:00.  Besprekings kan gedoen word by (011) 472-1374 of (011) 674-1357 of bespreek aanlyn www.roodepoorttheatre.com.  Vir groepbesprekings en skoolbesprekings, skakel Lefra Produksies by (011) 815-3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com

Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer.  Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf.  Maar Botterblom is kwaad.  Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam.  Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans.  Na pouse is dit dan Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar ons Casper die tuindwerg ontmoet.  Toe Casper die tuindwerg op ’n dag wakker word in Liewe Heksie se tuin, is daar drama van begin tot einde.  Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ’n stoute Gifappeltjie wees?  Die maats moet kom uitvind by die Roodepoortteater.  Liewe Heksie word met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wyne, Renegades Removals, Ambassador Execudrive en Savvy Holdings aangebied.

Liewe Heksie en die Tuindwergie is die laaste Liewe Heksie-storie wat Verna Vels geskryf het, spesiaal vir Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies.  Frans het sy tande geslyp by die destydse SAUK televisie as televisiekameraman.  Hy het op heelwat groot produksies gewerk, maar een van sy hoogtepunte was beslis die kamerawerk op die televisiereeks, Liewe Heksie.  So het hy vir Verna Vels ontmoet, wat op daardie stadium Bestuurder van Kinderpogramme was.  “Sy was die wonderlikste en mees kreatiewe mens.  Sy was bereid om al haar kennis as skrywer vir kinders met my te deel en vir my ook te leer om vir kinders te skryf.  Ek was verantwoordelik vir ‘n hele aantal Wielie Walie-tekste, daarna het Vuurhoutjieland gevolg, Siembamba en so het ek ook my eerste kinderboek, Blouvlam die Draak geskryf onder die bekwame oog van Verna.”  Frans voeg by dat sy maar net verstaan het hoe kinders dink en wat gryp kinders aan.  “Liewe Heksie is beslis so ‘n voorbeeld – ons praat al van ‘n paar generasies wat die klein heksie oorgedra het aan ‘n volgende generasie.  Verna het so totaal verstaan hoe om met kinders te kommunikeer deur Heksie en die ander karakters, want Heksie verstaan ook nie mooi van ‘groot woorde’ nie.  En Heksie kom gewoonlik in die moeilikheid oor iets wat sy nie beplan het om haar in die moeilikheid te bring nie.”

Swart was verantwoordelik om heelwat Liewe Heksie-stories vir die verhoog te verwerk en aan te pas. “Ons het gewoonlik ‘n paar stories gekombineer om uiteindelik by die verhoogproduksie uit te kom.  Onthou ook, ons uitdaging was altyd om al die karakters van Blommeland uit te beeld met net vier akteurs.  Dit was somtyds ‘n groot uitdaging,” sê Swart. “want Blommeland het baie karakters gehad. Natuurlik was dit op radio baie makliker om soveel karakters te skep.”  Vier baie talentvolle akteurs gee aan die Liewe Heksie-karakters lewe op die verhoog.  Anmari van Achterbergh speel die rol van Liewe Heksie, Botha Enslin die rolle van Mattewis, Kwaaitjie Kabouter, die Geelheks, Borrie die Gifappeltjie, Griet, Karel Kat en Koning Rosekrans.  Debrè Opperman is te siene as Blommie, Kerrie die Gifappeltjie en Koning Rosekrans.  Phillru van Achterbergh vertolk onder andere Casper, die Tuindwergie, ‘n Gifappeltjie en Klein Kwaaitjie.

Hy vertel verder dat hy en Verna ten minste een keer per maand gaan tee drink het.  Tydens die tee- en geselssessie het hy Verna amper mal gehad het om nog Heksie-stories te skryf.  Verna en Frans se werkswyse was dat Verna die storie skryf en dan hanteer Frans die verhoogteks.  Sy het bly sê dat sy nou uitgeskryf is aan Heksie, maar Frans het net aanhou bly karring!  “En toe ons weer eendag tee drink, toe sê sy uit haar eie uit dat sy dink Heksie moet ‘n tuindwergie ontmoet.  So is Liewe Heksie en die Tuindwergie gebore kort voor Verna oorlede is.  Verna het vir my vertel dat sy een aand gedroom het dat Karel Kat se huismense vir Casper, die tuindwergie wou weggooi omdat tuindwergies uit die mode uit gegaan het.  Ek onthou so goed dat sy so lekker gelag het toe sy gesê het: ‘Maar ek sien tuindwergies kom nou weer in die mode.  Modes herhaal mos maar!’

Bederf die kleinspan – en jouself – deur nou vir hierdie wonderlike produksie te bespreek by (011) 472-1374 of (011) 674-1357, of aanlyn www.roodepoorttheatre.com.  Bring die jongspan en kom ontmoet Liewe Heksie, Blommie Kabouter, Kwaaitjie Kabouter, die Tuindwergie en al jou gunsteling maats in die Roodepoortteater!