Daniel Strauss se Dink Soos ‘n Miljardêr is ‘n topverkoper!

Op 26 Februarie 2021 het die suksesvolle entrepreneur en waagkapitalis, Daniel Strauss se eerste boek, DINK SOOS ‘N MILJARDÊR, boekwinkels en aanlynplatforms landswyd getref en soos voorspel het dit blitsvinnig ‘n topverkoper geword! 

Dié boek, wat propvol vermaak en nuttige inligting is, en waarin Daniel aan entrepreneurs verduidelik hoe jy jou lewe kan verander deur jou manier van dink te verander, is volgens Nielsen Bookscan SA (NBS-SA) se ranglys reeds nou al drie weke in ‘n ry die nommer een Afrikaanse verkoper in die land, nadat dit alreeds voorheen ook die die nommer een verkoper van alle Afrikaanse asook alle Suid-Afrikaanse boeke was! 

Ek het eerlikwaar net die boek geskryf om ander entrepreneurs te help.  Ek wil régtig net mense help. Ek het ek nie gedink iemand anders behalwe my ma en my vrou gaan die boek koop nie”, lag hy skaam. “Ek is nederig dankbaar vir almal se ondersteuning en ongelooflik opgewonde om te sien hoe dit mense se denke positief verander want dít kan ‘n omwenteling in die besigheidswêreld bewerkstellig”, sê Daniel.

Oor die skrywer

Daniel Strauss (38) is ’n entrepreneur en waagkapitalis wat in klein- en mediumgrootte ondernemings belê om hulle te help om vinniger te groei. Hy is ’n makro-optimis en ’n mikro-realis, wat passievol is om welvaart te bevorder en daarvan hou om die volle potensiaal van mense uit verskillende vlakke van die samelewing te ontsluit – veral diegene wat besighede bou.

Hy het ’n B.Eng. (Bedryfsingenieurswese) en MBA aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. As MBA-gegradueerde, tree Daniel gereeld op as gasdosent vir die MBA- en ander universiteitstudente. Oor die jare het hy ook verskillende kursusse in plekke soos China, Singapoer, Maleisië en Indonesië bygewoon, wat hy as van onskatbare waarde beskryf. Dit is ook geen geheim dat hy mentorskap as ’n uiters belangrike deel van elke aspek van ’n persoon se lewe beskou nie.

Hy het aan Hoërskool Keimoes gematrikuleer en was ’n kranige rugbyspeler en atleet op universiteit. Hy het op skool uitgeblink in 110 meter-hekkies, wat vir hom ’n plek in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe besorg het. Hy was ook die Dux-leerling van sy skool.

Hy woon tans in die Kaapse Wynlande saam met sy vrou, Rolene, en hulle twee seuns. 

DINK SOOS ‘N MILJARDÊR is Daniel se eerste boek.

Die boek word uitgegee deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers (www.nb.co.za).

Bestel dit hier:

https://www.loot.co.za/product/daniel-strauss-the-billionaire-mindset/dlhk-7135-g020

SOSIALEMEDIASKAKEL:
Instagram: @officialdanielstrauss

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-posalishia@starburstmusic.co.za
Webbladwww.starburstmusic.co.za