Thunderstruck gehoor soos nog nooit te vore!
Net so af en toe kom daar ‘n kunstenaar wat regtig die grense breek binne hulle genre.
Hierdie is die verhaal van ‘n buitengewone klassieke man wat in ‘n rock-rebel verander en wat die grense en klank van vioolspel tot nuwe horisonne uitbrei.
Die veelsydige Scheppel se talent kom beslis van sy familie af. Sy ma en ouma asook sy twee broers speel almal of viool of klavier. Dit was iets wat van vroeg af gekoester was in die huis. Scheppel het op vyf jarige ouderdom met klavier begin en op sewe met viool.
Hy wil graag kyk hoe hy ‘n enorme verandering kan maak in die wêreld, en musiek sal altyd ‘n groot faktor wees.
Vandag bring hy sy weergawe van een van die grootste rock en roll liedjies van alle tye uit, maar op een van die oudste bestaande musiekinstrumente.
“Dit vertel die storie van my ontwikkeling en ervaring as ‘n musikant. Van streng klassieke opleiding in konsertsale, universiteite, meestersklasse en opvoerings na my ontdekking en fasinasie met genres soos pop en rock en hoe ‘n viool ‘n stempel kan afrdruk in vandag se musiek en kultuur. ‘n Vernuwing van die instrument sinoniem met my persoonlike storie van nuwe moonlikhede en avonture.” Vertel Scheppel
Thunderstruck straal soveel energie en opwinding vry en die kombinasie van viool, orkes en rock en roll maak dat mense nie kan weg kyk of kan ophou luister nie. Dit is natuurlik ‘n testament van hoe groot hierdie legendariese liedjie is en hoe perfek die kombinasie werk.
Die musiekvideo vat jou terug na die 80’s toe en was vir Scheppel baie lekker om te verfilm. In die video sal julle n kombinasie sien van vinnige vioolspel gekombineer met rook, neon en verskeie beligting tegniekie.
Luister na liedjie hier – https://Scheppel.lnk.to/Thunderstruck
Hierdie is beslis nie die eerste of laaste keer wat julle van Scheppel gaan hoor of sien nie.
Volg Scheppel op Social Media:
Facebook: https://www.facebook.com/ScheppelOfficial
Twitter: https://twitter.com/scheppel_violin
Instagram: https://www.instagram.com/scheppel_violin/
VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT:
Leozelle Bekker: leozelle.bekker@umusic.com / 074 643 5438