Nuwe vars bries tref Afrikaanse musiek bedryf!

Luna is ‘n opwindende nuwe sangeres wat met haar eerste enkelsnit, Tot Daar Niks Meer Oor Is wat ‘n vars, internasionale klank tot die Afrikaansemusiekmark bring.

Die liedjie is geïnspireer deur die liefdesverhaal van Romeo en Juliet wat alles op die lyn gesit het om bymekaar te wees. “Elke persoon verdien die tipe liefde waarvoor hulle elke stukkie van hulself wil gee”, vertel sy. Dis wel ‘n liefdes liedjie,maar alles behalwe ‘n ballade. Die voete gaan jeuk en die heupe swaai op die pop treffer wat geskryf is deur bekende liedjieskrywer en ADAM-lid, Hugo Ludik. Nicholas Jordaan en Brendan Ross Campbell van Rubber Duc het ook hand bygesit tot die lirieke en Muse Studios het die liedjie gemeng en vervaardig.

Die opwindende pop snit se stylvolle, kommersiële klank gaan ‘n groot gunsteling onder die jong, energieke generasie wees wat nuwe liefde ervaar. “Ek glo daar is ‘n Romeo vir elkemeisie daar buite en as jy daardie Romeo gekry het moet jy vasklou want ware liefde is skaars”, vertel die blonde skoonheid oor wat die liedjie vir haar beteken. “Gee elke dag jou alles”.

“Shoot for the moon – if you miss, you’ll end up inthe stars”. Dit is haar motto in die lewe en ook waar sy die inspirasie vir haar naam gekry het. Luna is die Romeinse godin van die maan.

Sy is jonk, energiek met ‘n onblusbare passie vir Afrikaans en met hope talent is Luna beslis een om dop te hou! Hierdie is die eerste van veleenkelsnitte vir Luna.

Laai Tot Daar Niks Meer Oor Is hier af: https://spinnup.link/442388-tot-daar-niks-meer-oor-is