Herman Kleinhans reik musiekvideo uit vir Dankie!
Op 19 April 2021, het die bekroonde liedjieskrywer en musikant, Herman Kleinhans, die tweede enkelsnit, DANKIE, vanaf sy album, RUITE OOP, bekendgestel. Die liedjie is uiters goed ontvang en kan tans op radiostasies landswyd gehoor word.
Herman het die lied tydens grendeltydperk vir sy Ma geskryf, as ‘n huldeblyk vir Moedersdag. Die enkelsnit word nou opgevolg met ‘n musiekvideo, met die perfekte tydsberekening, twee weke voor Moedersdag!
Die musiekvideo van hierdie pragtige lied is pas bekendgestel en vervaardig deur Wian van der Walt van Vonk Musiek.
“Die konsep was deur Herman uitgedink en ek dink dit is ‘n pragtige idee. Ek dink almal se Ma’s het ‘n spesiale plek in ‘n mens se hart, so die konsep is om net dankie te sê vir almal se Ma’s. Herman het ‘n video op sy sosiale platforms geplaas, waar hy sy aanghangers aanmoedig om fotos van hulle en hulle Ma’s in te stuur. Ek het ‘n kompilasie van die fotos gemaak vir die musiekvideo. Met die video wat vrysgestel word voor Moedersdag, dink ek dit is ‘n mooi manier om vir jou Ma dankie te sê vir alles wat ‘n Ma doen en al die opofferings,” vertel Wian.
Herman is ook die trotse eienaar van sy eie toep, ShareTime (waarop sy album uitgereik was), asook twee ander besighede, TWEE Vellies en TWEE Plakkers, wat hy en sy verloofde, Maryke, saam bestuur.
SOSIALE MEDIA SKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/hermankmusiek
Twitter: @HermanMusiek
Instagram: @hermankleinhans
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCipCFcgkd31TNH_2fxlJ_dw