Caroline Grace is terug met nuwe enkelsnit – BREEK

Na twee jaar is die talentvolle Caroline Grace terug met n splinternuwe treffer wat belowe om die hartsnare te roer.

Ons almal het een of ander tyd deur ‘n tydperk van hartseer gegaan. Dalk het jy uitgemaak met die liefde van jou lewe en gewens dat daar net daai een oomblik was wat julle weer kon saamwees al moes hy jou hart van vooraf kom breek of jy het jou lewensmaat afgestaan aan die dood en jy sal wat gee om net nog een keer daai persoon vas te hou al beteken dit jy moet hulle weer verloor.

Liefde oorheers wel altyd die seer. Die liefde wat jy het vir daai persoon sal altyd oorwin ten spyte van die hartseer wat jy ervaar het. Alles wat julle gedeel het is sterker as die seerkry en hartseer waardeer julle is.

“Kom breek my hart nog een keer, ek het niks om te verloor”

Caroline het self al deur hierdie emosies gegaan en daarom kon sy met egte emosie elke noot vasvang van hierdie liedjie geskryf deur Roux Cloete.

“Ek het self deur ‘n groot “breakup” gegaan met my ou (Vandag my man) toe ons op skool was. Ek het nooit weer gedink ons sal saam wees nie en ek kon onthou hoe graag ek hom net weer wou sien en hoe graag ek net wou gehad het als moet weer normaal wees en ek sou wat gee om hom net weer in my lewe te kon hê, al het dit beteken dat my hart weer sou seerkry. Ek wou nog altyd ‘n mid-tempo ballad sing wat wys wat ek met my stem gekoppel aan my emosies kan berreik. Ek wou ‘n vars Caroline Grace klank na vore bring.”

Haar kenmerkerkende helder stem en emosiebelaaide benadering, is die perfekte pasmaats vir hierdie liedje en die eindresultaat sal luisteraars van die eerste noot af in vervoering hê.

Die oud Bloemfonteiner is al sedert haar matriekjaar doenig in die vermaakbedryf. Talle kompetisies en konserte, waaronder Oprah Winfrey se gradeplegtigheid, Jy is my LieflingBeauty and the Beast. In hierdie tyd het sy ook haar LLB-graad verwerf en die verhoog gedeel met groot kunstenaar soos ADAM, Jak de Priester, Jannie Moolman, Valiant Swart, Jannie du Toit, en vele meer. Haar deelname aan The Voice SA 2017 en ’n platekontrak met Universal Music word egter as die grootste hoogtepunt van haar loopbaan uitgesonder.

Hierdie blondekopsangeres, wat Adele, Celine Dion, Roxette, Katy Perry, Whitney Houston, Lara Fabian en Sinéad O’Connor lys as van haar grootste musiekinvloede, het nog baie drome vir die toekoms en beplan ’n landswye toer om haar nuwe enkelsnit te bemark.

VOLG HAAR OP SOSIALEMEDIA
Twitter: https://twitter.com/CarolineBrussow
Facebook: https://www.facebook.com/carolinegracebrussow
Instagram: https://www.instagram.com/carolinebrussow/

VIR BESPREKINGS, KONTAK
Stefanie Nortier: Stefanie.Nortier@umusic.com / 082 706 2405

VIR MEER INLIGTING OOR DIE KUNSTENAAR, KONTAK
Leozelle Bekker: Leozelle.Bekker@umusic.com / 074 643 5438