Musiekvideo van Rooibos en Wijn vol rou emosie

Rooibos en Wijn se debuutenkelsnit, Sonskyn kind, is onlangs vrygestel en geïnspireer na
oomblikke wat hoofsanger, JP van Zyl, en ’n dame ure aaneen kon filosofeer oor die lewe en
natuurlik, die liefde.

Die musiekvideo van dié liedjie is nou beskikbaar en soos die liedjie, sal dit aanklank vind by
elkeen wat eerlike lirieke geniet.

“Sonskyn kind gaan oor ʼn meisie op wie ek verlief geraak het. Vir ure kon ek in haar oë staar
op die slaapkamervloer terwyl ons filosofeer oor die idee van ware liefde. Die woorde het na my
toe gekom tydens haar teenwoordigheid,” het Van Zyl vertel.

Van Zyl het Sonskyn kind gepen en begin met die lirieke: “Ek sien Jerusalem in jou oë, skryf ek
halwe gedigte ook. Ek sien storms en vlinders”. Dít som presies op waar dié liedjie se oorsprong
vandaan kom – vanaf sy muse en hoe hy haar beleef.

“Net soos Jerusalem afgebreek, vernietig was en die oorloë binne haar, word dit nogsteeds
simbolies gesien as die plek van vrede. Sonskyn kind was ook al deur baie maar haar siel en
menswees is iets rein, iets buiten gewoon. Ek dink God het ’n ander tipe kultivar gebruik,” het
hy vertel.

Volgens Van Zyl is dit ’n rou alternatiewe liedjie.

“Ek sal daarvan hou as mense wat hierna luister met iets in my woorde sal aanklank vind,” het
hy gesê.

Van Zyl se hoop is dat mense ook die lirieke kan interpreteer hoe ookal dit dalk van toepassing
is in hulle eie situasies.

“Met die musiekvideo wou ons ’n storie vanuit my oogpunt vertel oor hoe ek Sonskyn kind
ervaar uit my skoene,” het Van Zyl verduidelik.

Die blydskap uit haar oë terwyl die seer ook deur van die tonele oorgedra word.
Wanneer Van Zyl self verlore raak in musiek geniet hy enige iets, van Queen tot Mumford &
Sons en Manchester Orchestra. Afrikaanse alternatiewe musiek soos dié van Jan Blohm, Van
Coke, Spoegwolf, Twee en Glaskas is ook op sy speellys.

Volgens Rooibos & Wijn is daar nog musiek opgeneem en die beplanning is om dit later in die
jaar vry te stel.

Toe die vraag op kom waarom hierdie Rooibos & Wijn liedjie eerste gekies was om vry te stel
het Van Zyl geantwoord:

“Dit is Genesis.”

Luister en kyk nou na Sonskyn kind op alle digitale platforms hier:
https://rooiboswijn.lnk.to/SonskynKindMB

Media & PR
Vicki Rothman Van der Merwe | 063 107 3620
vicki@marketingzoo.co.za
The Marketing Zoo