Ruiter Piet stel debuut album vry!

Ruiter Piet is die solo projek van Pieter de Jager. Voormalige Bass speler en liedjie skrywer van Karlien van Jaarsveld se Afrikaanse Grunge Rock groep “Revolusie” en die 2010 MK bekroonde beste nuweling en SAMA genomineerde Folk Country orkes “Die Tuindwergies”

Na Die Tuindwergies se laaste vertoning by Jacaranda day in 2014 het Pieter gaan rond rits reg om die wêreld en gaan skryf aan sy nuwe Solo projek “Ruiter Piet “ met sy nuwe orkes agter hom “Die Partytjie” wat bestaan uit: Jaco Mans (Hoof kitaar) Andre van Coller (Saksofoon) Jason Hinch (Tromme) en Duard Musk (Bass)

“Ruiter Piet en Die Partytjie” is voel goed Folk Rock met onderligende Country en Brit Pop elemente en lirieke wat handel oor gewone mense se dinge, gevoelens en gebeurtenisse. Dis ‘n klank vir almal! Terselfdertyd laat dit jou lag, dans, dagdroom, dink en nostalgies raak! Volgens “Ruiter Piet” klink dit soos ‘n aand uit saam die man homself!

Na die sukses van Ruiter Piet se enkelsnitte “Minnie se Liedjie”, “Swaai”, “Lente” en sy onlangse vrystelling van “Lit-Skud” saam met Jack Parow word sy debuut album uiteindelik vrygestel.

Die album bestaan uit 11 snitte wat Ruiter Piet self geskryf het en elk liedjie bestaan uit ware verhale en dit is wat hierdie album so uniek maak. Sy broer Dawie De Jager en Jaco Mans het die album help vervaardig.

Lys Van Snitte Op Die Album

  1. Minnie Se Liedjie
  2. Swaai
  3. In Die Stilte
  4. Wonderwerk
  5. Lit-Skud ft. Jack Parow
  6. Reg Langs Jou
  7. Heeltemal
  8. Horison Se Rant
  9. Lente (Live)
  10. Byle en Uile 2
  11. Olivenhout Straat

VIR BESPREKINGS:
E-pos: stefanie.nortier@umusic.com / 082 706 2405

VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT:
Leozelle Bekker: leozelle.bekker@umusic.com  / 074 643 5438