Prophet stel Dankbaar en Tevrede vry!
Om werklik gelukkig te wees in die lewe, moet jy leer om dankbaar en tevrede te wees met wat jy het en dit is presies waaroor Prophet se nuutste enkelsnit, DANKBAAR EN TEVREDE, gaan.
Volgens die duo, wat bestaan uit Koos van der Merwe en Theo Geyser, is dit ’n lekkerluister Afrikaanse folk-treffer oor vergenoegdheid. “Dit help ons om perspektief te behou. Ons is geneig om in moeilike tye net op die negatiewe te fokus, maar daar is nog soveel om voor dankbaar te wees,” deel hulle.
Die musiekvideo beeld twee mans uit wat saam sit en kaart speel. Hulle is rustig, geniet mekaar se geselskap terdeë en eindig albei die spel met goeie kaarte. Theo was die kreatiewe brein agter dié interessante konsep, wat deur Charl Folscher vervaardig en op ’n plaas in Swellendam verfilm is.
Kyk die video hier: https://youtu.be/F5lA84YjlOw
Dié geestelike treffer, uit Koos se eie pen, volg skaars drie maande na die suksesvolle vrystelling van hulle
langverwagte album, Die Kolonie, wat uit die staanspoor koning gekraai het op Apple Music se Christelike-treffersparade.
Dis ’n album wat nie skroom om te sê wat gesê moet word nie en die inhoud wissel tussen ernstige kommentaar op sosiale omstandighede tot vrolike oomblikke van dankbaarheid en liefde.
Jy Kan Nie Sommer Vir My Sê Nie, die eerste enkelsnit, is baie goed ontvang en die musiekvideo is reeds deur ’n paar duisend mense op YouTube gekyk.
Prophet skok en inspireer luisteraars al sedert 1982 en is, honderde optredes, 10 CD’s, twee SAMA-benoemings, en 7 ATKV Liertoekennings verder, steeds baie gewild.
DANKBAAR EN TEVREDE het pragtige lirieke en ’n meesleurende wysie wat in jou kop vassteek lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het… net soos wat Prophet al vir jare lank in die harte van hulle aanhangers voortleef.
Die liedjie is op alle digitale platforms hier beskikbaar. Kry dit hier:
Distrokid: (Apple / Amazon / Spotify) https://distrokid.com/hyperfollow/prophet37/die-kolonie
SBM Bandcamp: https://stonebearmayor.com/album/die-kolonie
SOSIALE MEDIA SKAKELS:
Facebook: @Prophetmusiek
Instagram: @prophet_houtkruis
Webblad: www.prophetmusiek.com
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za