Geliefde TikTok-Paartjie vat hulle verhouding na volgende vlak met ‘n unieke beloftering!

Met miljoene volgelinge op TikTok en duisende op Instagram, is dit veilig om aan te neem dat K1ngBert0 (Roberto de Gouveia) en Chané Grobler weet hoe om die publiek te vermaak.

As ’n paartjie, was hulle ook nog altyd baie oop oor hulle verhouding. Daarom is dit nie ’n verrassing dat K1ngBert0 besluit het om Chané se verrassing  in ’n hartroerende video oor die nuutste mylpaal in hulle verhouding met die wêreld te deel nie.

Hy het onlangs Chané se voete onder haar uitgeslaan deur haar te verras met ’n beloftering om sy liefde en toewyding aan haar en hulle verhouding te bevestig. “Chané is ’n ongelooflike vrou en ek het al baie vir haar gesê dat sy die een is met wie ek eendag wil trou. Hierdie is ’n simbool van daardie belofte wat sy by haar kan dra en wat haar aan my kan herinner wanneer ons nie saam is nie,” verklap hy oor die rede agter hierdie romantiese gebaar.  

Chané, wat niks vermoed het nie, was absoluut mal oor haar geskenk. “Dit beteken die wêreld vir my, omdat dit wys dat hy net so toegewyd is aan ons verhouding soos ek en dit bedoel wanneer hy sê dat hy vir altyd saam met my wil wees. Dit wys my dat sy liefde opreg en eg is,” deel sy.  

Om dinge nog meer spesiaal te maak, het K1ngBert0 ’n ring met ’n unieke Moissaniet-steen van www.southernstargems.com gekies. “Ek het van hierdie tipe stene te hore gekom en toe ek begin navorsing doen, het ek ontdek dat dit nie net meer skitter nie, maar ook omgewingsvriendelik is,” verduidelik hy.

Omdat Moissaniet in ’n laboratorium vervaardig word, is daar nie myne wat die lug besoedel of byprodukte wat in die rivier gestort word nie. Hierdie stene is ook meer bekostigbaar as ander edelgesteentes.

Volgens Chané, is sy mal oor die feit dat die ring nie te groot of oordonderend is nie. “Ek hou van goue juwele, omdat dit elegant en gesofistikeerd is. Hierdie ring is pragtig en ek is mal oor die feit dat dit klein en delikaat is, omdat dit my persoonlikheid weerspieël.”

Chané is ’n twintigjarige bekroonde inhoudskepper, handelsmerkverteenwoordiger en sosialemedia-invloeder, met meer as 2.4-miljoen aanhangers op TikTok (@chanegrobler) en naby 96 000 op Instagram (chane_grobler18). Sy is tans een van die mees gesogte TikTok-invloeders in die land.  

K1ngBert0 (26) het 1.1-miljoen volgelinge (#TheRoyals) op TikTok (@k1ngbert0) en naby 47 000 op Instagram (@k1ngbert0). Hy is ’n goedhartige, plat-op-die-aarde inhoudskepper en handelsmerkverteenwoordiger en het al saam met groot plaaslike en internasionale maatskappye aan bemarkingsprojekte gewerk.  

Beide van hulle is konstant besig om hulleself te verbeter en wil graag hulle volgelinge inspireer om gesonde en gelukkige lewens te hê.

Om Chané se reaksie op KingBerto se verrassing te sien, volg dié skakel: https://vm.tiktok.com/ZSJWNhtd7/

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Chané Grobler

TikTok: https://vm.tiktok.com/ZSKUP9NS/
Instagram: @chane_grobler18

KingBerto

TikTok: https://vm.tiktok.com/ZST9tLT5/

Facebook: https://m.facebook.com/k1ngbert0
Instagram: @k1ngbert0

YouTube: https://m.youtube.com/channel/UCEmE0tU9PLxjdjp-mCBcN6Q / https://www.youtube.com/channel/UC_4GxvTFbICFEASZkFPAubw

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za