Sharoney stel pragtige musiekvideo vry – Ons Teen Die Wêreld!
Alhoewel liefde die spil is waarom die heelal draai, het sprokiesverhale nie altyd gelukkige eindes nie en dit is wat die borrelende sangeres van die Oos-Rand, Sharoney, wou weergee in haar nuutste musiekvideo wat pas vrygestel is.
Volgens regisseur en vervaardiger, Wian van der Walt, van Vonk Musiek was die idee dat die hoofkarakter in ONS TEEN DIE WÊRELD se video deur die vyf stadiums van verlies gaan om verlies te verwerk.
“Ons het saam met die konsep vorendag gekom en wou graag vir kykers wys dat dit normaal is om deur hierdie stappe te gaan wanneer ’n verhouding tot ’n einde kom,” verduidelik hy. “Die rouproses vat tyd om te verwerk en in die laaste toneel wys ons hoe Sharoney se karakter aanbeweeg en vir die eerste keer buite toe gaan om op te tree.”
Die video is verfilm by Schoon Huis Manor en gaan vir bewonderaars bekend voel, omdat dit met dieselfde tipe beligting geskiet is as wat hulle gebruik het vir bekende televisieprogramme in die 90’s.
“Ek dink mense gaan daarvan hou, omdat dit vir hulle bekend gaan voel, maar terselfdertyd is daar ook abstrakte konsepte en skote wat die publiek se asems gaan wegslaan,” verklap Wian.
KYK DIE VIDEO HIER: https://youtu.be/FMGRqBrECHE
Met die vrystelling van ONS TEEN DIE WÊRELD ‘n week gelede het verskeie bekende radiostasies, regoor die land, dit onmiddellik opgeraap en is dit reeds besig om blitsvinnig die trefferparades te betree. Dit is geskryf deur Douvoordag se Jattie de Beer en die perfekte beskrywing daarvan is om die regte persoon op die verkeerde tyd van jou lewe te ontmoet.
Hierdie veelsydige dame hou daarvan om vir haarself nuwe uitdagings te stel en het nog hope opwindende planne vir die toekoms. Sy sien ook baie uit daarna om binnekort weer te begin optree.
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/www.sharoney.co.za
Twitter: @Sharoneymedia
Instagram: @sharoney01
Webblad: www.sharoney.co.za
PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Gizela Arndt
Sel: 0833996869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za