Simoné Roets stel musiekvideo vry vir Dans in die Donker!

Die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, Simoné Roets, het pas haar eerste Afrikaanse enkelsnit – DANS IN DIE DONKER – uitgereik en met die boodskap dat jy nie hoef te wag totdat alles perfek is in jou lewe voordat jy in oorvloed leef en liefhet nie, het sy met die intrapslag kom inspireer en onmiddellik almal se aandag getrek!

Hierdie gedagte is baie relevant in vandag se tyd, waar so baie mense swaarkry en die snit is geskryf saam met Jattie de Beer van Artistry Productions.  Haar klank is vars en uniek, en luisteraars sit reeds regop wanneer hulle dit hoor. Nou volg die musiekvideo om lewe te gee aan hierdie ongelooflike lied.

Dié video, wat in Kaapsehoop deur Adi van der Walt van FOA verfilm is, is geskep om die kragtige lied te komplementeer.

Simoné deel dat die dorpie noukeurig uitgesoek is aangesien die liedjie gaan oor lig en donker en Kaapsehoop hierdie kontras perfek versinnebeeld en die boodskap van die snit op ’n kunstige manier uitbeeld.

“Ek het in Nelspruit grootgeword en was nog altyd lief vir Kaapsehoop. Dit is so mooi daar, maar terselfdertyd voel dit ook ’n bietjie donker en geheimsinnig met die mistigheid, wilde perde en koue. DANS IN DIE DONKER gaan oor daardie kontras of uiterstes,” deel sy. “Verder het ek ook daar verloof geraak en die Martin-kitaar wat ek nou het gekry as ’n verlowingsgeskenk.”

Kyk die video hier: https://youtu.be/F96MTt4HdsE

DANS IN DIE DONKER is die eerste vrystelling vanaf Simoné se opkomende Afrikaanse album wat in 2022 uitgereik sal word.

DANS IN DIE DONKER is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af:

https://music.apple.com/za/album/dans-in-die-donker/1584980725?i=1584980726

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Instagram@simone_roets_
Facebook: https://www.facebook.com/simoneroets.music/
YouTubehttps://www.youtube.com/channel/UC2_Nq9GLhF-RdnWAhGLQoFQ